HERNUWING VAN VUURWAPEN LISENSIES

j0398959

Raaito, hou op klae en draai jou sateliet ore in hierdie geweste! As jy dan nou ook tot op die nippertjie gewag het om jou hernuwing te doen – kom ons probeer die frustrasie bietjie verlig! Indien jy te lui is om hier te gaan lees, dan moet jy maar te lui wees want ek is ook te lui 😉

 

Hoe om ookal, jy kan maar WEET jy gaan in ‘n ry sit of staan LANGER as die ene wat by Loftus wil inkom met game teen WP en die Bulle!

j0439239

 

Kry solank die volgende gereed:

ü  4x paspoort kiekies in KLEUR

ü  3x ID afskrifte gesertifiseer

ü  2x wapen lisensie afskrifte gesertifiseer

ü  2x bevoegdheidsertifikaat afskrifte gesertifiseer

ü  Vorm SAP 514 en SAP 514 e

ü  Aanhangsel “a” per vuurwapen wat jy voor aansoek doen ingevul

ü  In swart ink en in blok letters 😉

ü  kry die papierwerk hier indien jy dit nognie by jou naaste polisie stasie se vuurwapen kantoor gaan afhaal het nie, daar is van die vorms wat jy wel by die polisie moet kry en nie op die internet kan aflaai nie

Onthou, JY het gewag tot op die nippertjie so wees ASSEBLIEF geduldig met die arme lede wat nou hul gat af moet hol om JOU vingerafdrukke te neem en JOU papierwerk agtermekaar te kry!

Indien jy nognie jou bevoegdheid (Competency) gedoen het nie – dis nou juis om jou bekend te maak met die nuwe wet en dis baie interesant, dan kan jy die ou skakel 083 6537752 tussen 7h30 en 9h00 in die oggend en 16h00 en 20h00 in die agtermiddag en afspraak maak. Onthou sommige mense het ook ‘n werk hoor so moenie klae as hy NIE sy foon in die middel van ‘n meeting antwoord nie! Die ou doen baie goeie competency training in die Hartbeespoortdam omgewing na ure sodat JY na werk dit kan bywoon.

 

En doen my ‘n guns, na jy nou jou aansoek vir die herlisensiering gedoen het en jy kom agter jy moet ontslae raak van sommige wapens, ek sal dit oorneem vir opleiding doeleindes! MOENIE dit vir SAPS gee nie magtag! As jy bereid is om dit vir SAPS te gee dan kan jy dit netsowel vir my gee! 😀 en ek is baie ernstig hoor! Enige wapen van enige aard! Ek neem ketties ook…

 

Net voor jy die wapen vir my gee – gaan loer eers hier en help ons om die kriminele minder te maak dan gee jy jou wapen vir my nadat jy seker gemaak het die wapen werk nog… Hehehe!

Bravo 2 oor en uit!

007 hoor graag van jul!

5 Responses

  1. 007… soek jy my wapen, ek gaan hom ingee om vernietig te word… En ek is ernstig! Ek wik en weeg nou net waar moet ek dit gaan inhandig, by die polisiestasie of by n gunshop!

  2. Zee natuurlik! Watse wapen het jy? Ons gebruik dit by die vuurwapen en sekuriteits opleiding sentrum in Hartbeespoort! Word lisensieer vir opleiding doeleindes!

  3. 007… dis ‘n .38 Special.. Gooi vir my ‘n e-possie dat ons reël dat julle die ding kan kry! Sal ons papiere ens teken? Soos in nou Legal jy weet!

  4. Tsk… lees weer nie mooi wat jy sê nie, “Word lisensieer vir opleiding doeleindes!” Maak oop jou oge Zee!!!!

  5. Ek is hier ook in die moeilikheid :mrgreen:
    Altyd 007, net die diepte!! 😉

Lewer kommentaar