! KwAaK !

Jislaaik sit ek hier en waai my se stertjie! LEKKER! Ek smag na bietjie intelektuele piekniek! Ek ly aan ont-trek-king-simp-tome… en tjoklate werk nie meer nie, vry ook nie…okay soms maar ek smag JULLE idee van intelek! Oi ek bak sommer moerawiese dark forest koek met miljuisende kersies op om die nuwe 007 for environment te ontgroen…ek dink eks op ‘n trip omdat ek ‘n trippeldosis MILO sit en drink! Maar heng dis lekker! Life is een moerse adventure!

Hier is soveel onderwerpe waaroor ekke graag wil klets! En intelek! Kom ons beginne by

A – Aambeie…Aarbeie…Adventures…Animals…Art…gaan Sigeuner aan haar oor beet kry lat sy saam gesels oor kuns en versamel en oud meubels ens!

B – Bliksemstrale…Beeste…Boerdery…Boeke…Bote…Brannas…BOND…

C – uhm…CD’s

D – Dink…drink…digbundels…dwergies…DBV…

E – Erudisie…Environment…Engele om ons…

F – Fantastiese vingerlek resepte natuurlik…Fotografie…Feetjies…

G – Global warming natuurlik…Geloof…Glo…Gedigte…Gatkant van die lewe…gewere…gasvryheid…

H – Hoenners…Honde en Humeure…HAWS…

I – Uhm…

K – Karra…tjorre…koffie…knertsies klipdrift…Koeie en kalfies…katte(groot geel met maanhare)…

M – Musiek…moeders…moerkoffie…mense…messe…medies…

N – Natuur…

O – Ooopse…dans dit klaar te laat…OO7…

P – Politiek…polisie…pampoene…poep…poskaarte…

R – Recces…Remonstrasie…Roekeloosheid…Riverine rabbits…Ridders…

S – Seiljagte…Siele…soen…seks…simpatie…sigare…spene…salfies…sangers…

W – Wette…Wildvang…wetnose…

V – versamelings…vere…Visvang…vliegtuie…

Aag ek sal die lys later klaarmaak – nou net lus om al die sidebars en goette aan die gang te kry! So kom kry ‘n knertsie in my koffiekroeg (daars ietsie sterker in die linker kas bo) en sit agteroor en as jy nie net wil lees wat my sinapse elke dag deurmaak nie…dan spring jy in sonder om jou koffie te mors en klets saam! Hier is geen ouderdomsbeperking nie want eks soms ’n baie deep-dark-secret persoon wat jags soos ‘n haas kan wees maar ook sag soos ‘n satyn bersie en moerig soos ‘n moerby en skerp soos ‘n apiesdoring en swendelaar van denke en drome en dinge…my linkerbrein sukkel om my regterbrein te vertrou en dit veroorsaak dat ek dig en dom droom…maar flippen vir als vra waarom! So kom help my die waarom vragies van die lewe uitfigure en die sleutel in die rondte draai en kyk of ons nou die deur oopgesluit kry of nie!

Ek het nie baie tyd op hande vir die blog ding nie…maar so tussen die geboomklim vir stormende renosters en koes vir skobbejak koeëls en koeie melk en selfoon laai en kaggelvuur pak en Andrea Bochelli luister sal ek wel kansie kry om saam te piekniek! Onthou die blog is maar in sy baba skoennetjies en skyt nog so nou en dan in sy doek…maar ek sal die ding binnekort onner die knie kry van die ge-insert TAG en publish en trackbacks en wetie watse volksvreemde dinge nog nie… en dan gat dit heel bakgat lyk, klink, proe en piepie!

Oppas voor - hier kom die revolusie waarvoor almal wag! Ons gaan die pad met woorde en baie fun oopskiet!

 Bravo 2 oor en uit!

007 salute Stefaans wat die inspirasie was vir hierdie intelektuele piekniek spot in die mis spatsels van die kuber-ruimte!

12 Responses

  1. Ahoi oo7Meisie
    So dis wat jy doen as jy veronderstel is om te werk 😉 Van die onderwerpe gaan seker baie skakels ontlok en kommentaar tot gevolg he. Sterkte en alles wat mooi is hier, hou die spasie dop vir die toekoms. Gedra jou asseblief 😆

  2. welkom, ek sal defnitief weer hier inloer.

    happy blogging

  3. Hey 007,
    Welkom welkom, ek sê!
    Dis nice om al die ou SSSB’s in die blogwereld raak te lees! Hier kom ‘n ding!
    J

  4. Hei 007! Lekker om van jou te hoor. Ek het jou altyd so geniet. Sal defnitief hier kom loer wat jy aanvang! Go 4 it!

  5. Welkom, 007!

  6. Hi 007

    Uiteindelik!! jou eie blog, sal gereeld kom inloer, geluk. 🙂

  7. Baie welkom 007! Hoop jy blog lekker saam met ons! 😉

  8. Hi 007 hoe bly is ek om jou hier te sien !!!!! Welkom en geniet jou blogging 😆

  9. Hi 007

    Geezzz at last!!!

    Alle sterkte en baie pret vir jou in die blog wereld.

    Sal beslis gereeld hier kom loer

  10. Welkom welkom! Ek sal baie graag wil weet van boomklim!

    Lank lewe blogging in Afrikaans!

  11. My maggies! Dis nou lekker om te sien jy het jou eie blog! Sal gereeld kom koekoeloer! Lekker daggie, Kloppertjie

  12. Jy sal nog baie ander dinge kry om oor te chat – en om ook sommer oor al jou bedonderde frustasies ontslae te raak – maar een ding moet jy onthou – maak jou blog ‘n plek wat jy skep om dit te geniet, of dit nou oor positiewe goeters of oor negatiewe goeters is, dit moet gaan oor wat jou na aan die hart sit, en geniet dit 🙂

Lewer kommentaar