Vandag beteken HIERDIE woorde soveel meer vir my!
“het Hy my swaard gegee
en gees vas aan die wind
blaas Hy
van agter
en ek vaar voort
in my skippie klein
op watermassa so grootsteeds besig met Skepping
asemrowend”
Skippie klein
vaar in die see
trotse adel
seil in die wind
bakboord – stuurboord
droomskip
seerowers sluip nader
grote golwe
verwoestende winde
kanonne punt in die wind
wonder wat maak ons hier
elkeen se eie uitdagings
kompas op
sterre suid
winde weg
deur dit als
seerowers afgeweer
net sterker mens
beter hout
met skippie klein
oop see
het Hy my swaard gegee
en gees vas aan die wind
blaas Hy
van agter
en ek vaar voort
in my skippie klein
op watermassa so groot
steeds besig met Skepping
asemrowend
—kopiereg 007Meisie—
Filed under: Daaglikse neuron senapse | Leave a comment »