Vir Stefaans

Hy sê altyd dankie, vat niks vir ‘granted’ nie, laat elke liewe bewonderaar / vriend / personeellid / jan alleman spesiaal voel. Hy ag homself nooit beter as iemand anders nie en sal vir tannie Miem in haar rolstoel halo sê en glimlag tot haar ore rooi word… Hy het nog nooit enige iemand ‘n foto geweier nie al is dit die 500ste foto vir die dag…Hy werk sy alie af om dit wat hy die meeste bemin te doen – hy maak weekliks liefde met woorde voor duisende mense! :) …en dan wonder hy waarom sy romanse met die kunste platinum en selfs dubbel platinum status bereik…natuurlik omdat sy stem liefde maak met mense se ore…

Weet jy wat Stefaans – jy is awesome en jou ma het ‘n dinges goeie job gedoen die dag toe sy jou oor die vingers getik het omdat jy in jou neus grou! :P LOL! Kyk nou net so hoe netjiese James Bond het jy uitgedraai – en dan kan hy nog sing ook…and God spoils you so much it makes me jelous! Blessings uppon you mister! …en elke keer wat jy so sexy frons en jou stem dik maak teen die onreg van die owerhede op jou sonkolletjie en jou palm uitsteek na ‘n af-vlerk siel (haasbekkie of valstand omie) en poog om aan mense van jou vegters asem oor te dra…sal my respek metertjie tot in die rooi klim (want jy verdien dit uit en uit) en my salute vir jou altyd styg want jy is geen skim!
Why do i miss you so much?
’cause you are like alluminium….it never rusts…

Bravo 2 oor en uit
007Meisie het ‘n environment om te gaan red
…en ‘n paar kids…

3 Responses

  1. Eish………….. die eerste foto maak sommer my knieë lam…………………..

  2. Ek het hierdie kommentaar op Facebook gedoen en plaas dit ook hier (lol) vir diegene wat nie kan FB nie:

    Ok Tjint – jy het my “vote” sonder enige twyfel gekry – ek gee jou A+ vir hierdie inskrywing omdat dit ook my waarnemings en ondervinding is van Stefaans – jy het goed opgelet in die klas (lol) – en ek gaan vandag bieg, ek sal nooit in my lewe so verdraagsaam kan wees soos Steve nie ….. dis nie eers my fans nie (lol) ……. maar ek raak so geirriteerd met sy fans wat ‘n oorlas van hulle self maak en nie hulle plek ken nie.

  3. Deesdae is die mense mos kwaat vir Stevie-Baby so dit is nie meer cool om ‘n fan te wees nie. Gelukkig steur ek my nie aan mense of kunstenaars se private lewens nie, so ek is steeds mal oor sy werk… musiek en sy griffels.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.