Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat: ‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie. ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie. ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie.
Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal. En elke ding wat ons het, het ons verwerf. As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is.
Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in. En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan. Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie …
_______________________________________
Nou hierdie salute ekkke!

Filed under: Daaglikse neuron senapse
“Agtergeblewene” en al die verwante woorde bevat ‘n baie interessante paradigma. Die basiswoord daarvoor is AGTERGEBLY, wat ‘n werkwoord is. Werkwoorde impliseer KEUSES wat mense kan maak – m.a.w, hierdie ossewa gaan Noord, jy kan saamkom of jy kan agterbly.
Ek stem in ‘n groot mate saam met wat Prof. Coetzee te sê het, maar ek dink dit is ook tyd dat ons besef dat die Afrikaner waarvan hier gepraat het, lankal uitgesterf het. Vandag se Afrikaner – oor die groot algemeen – is ‘n slapgat wat net wil braai, suip, steek, rugby kyk en kerm… Ongelukkig kan ek nie meer met daardie rooskleurige lense na ons mense kyk nie, en ek voel ook maar soos Koos Kombuis om eerder uit Afrikanerdom te bedank want ek is moeg vir die stigma’s wat daaraan kleef. Ek praat nou van die braai, suip, steek, rugby kyk en kerm paradigma. Ek het dit nie nodig nie. Ek wil eerder in die eerste plek ‘n MENS wees wat die beste wat ek kan doen, van ‘n situasie maak.
Hmmm voorwaar interesant meneer! Waarom dink jy het die oorspronklike “Afrikaner” uitgesterf? Op sosiale vlak en geestelike vlak dalk die ergste? Wat het van iemand nou regtig ‘n Afrikaner gemaak? Die feit dat hy/sy wit was, Afrikaans praat en in Afrika gebore is?
Of was dit die geloof, kultuur, morele en sosiale strukture?
Ek dink die Afrikaner het uitgesterf omdat sy kinders die beginsels – wat dit ookal was – van die vaders versaak het. En ek dink nie dit gaan oor ‘n geloofskwessie nie. Ek praat van durf en daad, die pioniersgees, opregtheid, onbaatsugtigheid. Die Afrikaner was eens op ‘n tyd sterk want hy het ‘n groepsidentiteit gehad; toe kom daar ‘n paar vreeslike belangrike manne met vanne soos Malan, Hertzog, Botha ensomeer en pervert die wese van die Afrikaner. Nou is hy dood…