Forums wat polisie se werk doen, ‘n onding
BEELD: Jul 28 2009 10:55:21:647PM - (SA)
Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) wat die polisie se werk doen omdat hulle die polisie met hul mannekragtekort “wil help”, is ’n onding.
So het dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), gister gesê oor GPF’s wat toenemend self misdaad in hul woonbuurte bekamp en op slagoffers se noodkrete te reageer.
GPF-voorsitters is dit eens dat hul patrollies en reaksie in gemerkte voertuie misdaad in hul woonbuurte laat daal het.
Volgens Burger is daar niks wat GPF-lede verhinder om patrollies te ry nie, maar dat hulle nie iemand kan voorkeer en ondervra of ’n voertuig mag voorkeer en deursoek nie. GPF-lede wat patrollies ry, moet aan die polisie rapporteer wat hulle sien.
“GPF’s het volgens die Polisiewet nie uitvoerende magte nie. Hulle verantwoordelikheid is om die polisie te adviseer oor die gemeenskap se prioriteite en om as waghond op te tree om te verseker dat die polisie hul werk doen, nie om self in te gryp nie,” het Burger gesê.
Dir. Phuti Setati, nasionale polisiewoordvoerder, het beaam dat GPF-lede nie hul eie lewens in gevaar moet stel nie, maar eerder inligting oor enige misdaad aan die polisie moet deurgee sodat die polisie self kan optree.
Setati het dit benadruk dat net polisielede “opgelei en toegerus” is om polisiewerk te doen en misdadigers aan te keer.
Volgens Setati is die gemeenskap saam met hul GPF’s die polisie se oë en ore.
_______________________________________________
Filed under: Daaglikse neuron senapse
Is dit nou weer omdat die GPF’s beter werk doen as die SAPS dat dit nou ‘n probleem geword het?
Ek is vinnig besig om my m0@r te strip vir hierdie sirkus waarin ons bly… daai staatsgreep van die tuindwergie en stevers van vrydagaand klink al meer en meer belowend…
Is jy in 007?
007 is verseker in die deal!
Bravo 2 het ‘n ding of 2 in die mou om die management van die landjie te maak werk…en behoorlik hoor!
Dagse 007
Die hele gedagte rondom GPF was met die beste van intensies begin destyds. Maar nes elke ander goeie saak word sulke dinge gewoonlik deur ‘n paar mamparras verongeluk. Die “dream world Ramo’s” wat “trigger happy ” raak by die eerste skaduwee wat beweeg.
Die idee van GPF is en was nog altyd dat hulle die Polisie moet versterk deur ekstra oe en ore te wees, nie jong weduwees en wese te genereer nie.
Maar te wyte aan die “slegte beeld” van die SAPS het dinge seker te ver begin gaan in baie gevalle. Daar is werklik baie Dienaars van die Gereg in Blou wat hul werk ernstig opneem en werklik ‘n verskil wil maak.
Die berig wat jy hierbo “copy en paste” maak natuurlik weer wye vergelykings.
Wel volgens my, dank aan die wat hul werk reg doen en ook die wat GPF korrek gebruik.
Groete