Steve Hofmeyr sing Neil Diamond…en Zak maak mooi met die bekfluitjie… en ek drink klippies en cola 24 Julie :-)

Vrydag aand… 24 Julie 2009 – Centurion (Sorex landgoed Clubview) ten bate van uhm…ja kom kyk maar self!

New-ND

Kyk ou gabba – as jy nie hier is nie dan mis jy die party van die jaar! Eks totaal en al versot op Neil Diamond music! Totally verby my klippies en coke…so raai wat doen hierdie 007 girl op die spesifieke Vrydag?

Sy gaan by die bar ‘n stirred Martini kry… haar gat vasplak op daai stoel…agteroor sit…saggies poep van lekkerte en dan ogies toe maak en luister hoe die manne se stemme liefde maak met haar ore…okay dit klink bietjie te kinky grafies maar heng – I need to relax! Was rowwe rowwe rowwe 2 maande die! En ek het ‘n lekker kuier nodig! O ja en dan gaan ekke kyk hoe hulle die wyn en skilderye opveil  – sal net koop as daar goeie rooiwyn is! En ek koop net skilderye wat deur kids geverf is ;-)

So wat ek eintlik probeer sê is dit…as JY nie bespreek by www.gnwrestling.co.za click op die cool cowboy old timer advert of bo op die Steve Hofmeyr skakel of  ring vir Laurika 0834414038 en vir jou ‘n kaartjie kry nie, dan mis jy uit op die bloggabranna (bloggachino – met brannewyn) van die jaar en jy mis al die nuwe vriende en jy mis al die kakpraat en meeste van als – jy mis die presence van daai groot gees! Ek praat nie weer nie hoor en lat jy nou nie nog 4 vriende saamsleep nie dan het jy moeilikheid! Dis mos nou die ideale relax geleentheid – eers ontspan jy met mooi music…en daarna kuier jy saam plat opi aarde gabba kakpraters en lag jou alie af vir die snaakse goed wat ons kwytraak as die wyn beginne praat (dis nou die wyn met Stefaans se handtekening op die bottel geskribbel, amaar ek mind mos nie dit nie ek like net die inhoud wat klaar gaan wees voor die show verby is)…en dan gaan pass ons uit op die grasperk en waneer ons wakker word is ons nog in ons eie klere en die karre is nog daar en die designated drivers het videos gemaak van ons skandes…

:-P

Bravo 2 oor en uit!

007 sien jou daar!

2 Responses

  1. Bwhahahahahah – ek is glad nie so gestremd soos wat jy uitmaak ek is nie – ek het dit weer reg gekry – ek kan uiteindelik weer hier kommentaar lewer. Lyk my die blonde highlights het toe niks daarmee te doen gehad nie :-;

    Tjint, hiedie show van Steve gaan die show van die jaar wees – Steve met Neil Diamond in ‘n kasteel -Wow! – ‘n stunning venue – met ‘n ongelooflike gesellige atmosfeer. Die “uitpass en skandes” pla my net so bietjie – jy vertel nie vir die mense van die volstruise wat daar rondloop opsoek na iets om aan te knibbel nie – hier kom sports heeee-haaaaa

  2. Dit klink vir my al te lekker en alles rondom die aand klink defnislis verwoedelik. Ek is in en moet nog net my kaartjies gaan afhaal. Watter volsrtuise Sharona??????????? sal maar my blink oorbelle by die huis los. Kan nie wag nie.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.