Why do we flash away our shit with drinking water?

Dink bietjie daaroor…dis skrikwekkend dat RSA binne minder as 5 jaar nie meer vrylik drinkwater aan die burgers sal kan voorsien nie, daar is net nie meer nie. As jul dink die krag probleme was ‘n royal (*^*&%^% dan moet jul nou sien as jy jou kraan oopdraai en daar kom nie eens ‘n geblaas van gorrasluk uit nie!

But yet, after all the warnings en dit wat ons kan sien gebeur…sal ons die kak in die toilet met SKOON DRINKWATER afgspoel! Red tog so ‘n nasie! KOmaan mense – maak oop jul oë! Jou kinders gaan NIE drinkwater hê nie! Vok ek raak so moerig! Die buitelanders glo Suid-Afrikaners is so goed met alternatiewe planne maak, en ek sien veral op plase smart dinge ontwerp word, maar vir wat kan die regering nie standpunt inneem en verdompdie land se basiese huishoudelike hulpbronne op re-cycle, re-use principles laat werk nie! As hul so graag nuwe wette wil maak, waarom dan nie wette maak oor die sortering van vullis, en die hergebruik van kombuis/badwater om die toilette te flush, en rioolwater en natturlike gasse hergebruik nie! Dis te laat om wakker te skrik sodra die water nou helemal op is!

Hoeveel kos dit nou vir 1 liter petrol? Minder as R8 reg? Wel ek betaal vandag by ‘n kafee R9 vir ‘n 500ml botteltjie water. So kom ons sê hul maak motors wat op water loop…dan gaan dit ongeveer R18 per liter water kos…hmmm jul het nognie so daaraan gesdink nie nè! Tans is daar soveel chloor en chemiese stowwe in sogenaamde skoon water wat die regering aan die huishoudings verskaf, dat dit gesonder is om coke te drink as kraanwater. Die enkeles wat nog so gelukkig is om boorgatwater te bomp kan hul seëninge 7x oor tel! Gaan loer hier hoe om jou riool suksesvol biologies te sirkuleer dat jy skoon water uitkry om in die tuin te gebruik en dus NIE jou skoon drinkwater in die tuin uitpomp nie…dis soos ‘n KFC bucket wat jy op ‘n plakkershut se dak loop wegsteek – helemal nodeloos en mors van lekker kos!

Hou op met mors!!!! Die verskil in die wêreld NOU en in jou kind se toekoms begin nie by ander mense nie, dit begin by JOU! En ja, net 1 persoon maak wel ‘n verskil…baie dinge wat 1 persoon hier doen en 1 daar doen maak later ‘n klomp 1 persone wat ‘n verskil maak! No trees, no xygen no you! So plant tog asseblief elke jaar net 1 boom…dis al wat ek vra…dan kan jy ook lekker asemhaal! en jou kinners, en jou kleinkinners…

 

Bravo 2 oor en uit!

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.