O aarde!!!
http://www.google.co.za/search?hl=en&q=%22LEXUN+A58%22&btnG=Google+Search&meta=&aq=o&oq=
Maar toe kry ek darm hierdie bladsy
http://www.wuyangzhou.com/English/index.asp
Het jy ook netwerk probleme? Probeer jy dalk met ‘n Vodacom network bel dan kry jy sulke irriterende “No network” of “connection error” boodskappe?
ANTWOORD!
‘n Foon wat 3x simkaarte kan vat. Ek sit in myne ‘n Vodacom, MTN en Cell C kaart, dan kyk jy watter netwerk die beste opvangs het en bel daarmee. Jy behou al jou kontak nommers en info op die foon en hy het ‘n 3 mpx kamera in. Asook ‘n touch screen met ‘n stylus. Flippen sharp foon as jy my vra!
En nee, jy hoef nie 3x kontrakte uit te neem nie, teen R5 kry jy in Shoprite ‘n Cell C pay as you go sim, of MTN sim, of Vodacom sim. Herlaai dit by PEP
met so R55 elk of iets in daai lyn, dan kan jy na willekeer bel. Of hou bv jou vodacom kontrak, en kry nog ‘n MTN pay as you go sim met so R100 op, dan bel jy met die mtn kaart as jou vodacom netwerk moeilik raak… Boer maak ‘n plan nè!
Righto, so ek het hierdie fone beskikbaar in RSA teen R1500. Hul verkoop oor die algemeen so teen R4000 by die selfoon winkels.


Van nader

Die foon kom met USB en 2 punt prop charger,
128 Mb micro SD memory card,
2x batterye,
en ‘n boekie in JAPSNEES!
Nee eks nou ernstig! Email my (info by ecomapping punt co punt za) indien jy belangstel om vir jou so ene aan te skaf, ekt nog een in stock oor en die volgende shipment kom in Julie maand in RSA aan. Daar is ook fone met 2x simkaarte teen R1000 beskikbaar.
Ek mag seker maar my blog gebruik om besigheid te doen of wat?
Bravo 2 oor en uit!
Filed under: Daaglikse neuron senapse
Genade………… een foon 3kontrakte.
More Meisie hoe gaan dit, Ek wil gou iets uitvind, My dogter het n pistool wat sy nie wil inhandig nie, stel jy belang om dit oor te neem, jy doen mos opleiding, laat weet asb
Dan wil ek ook uitvind my seun se meisie se pa wil syne vir haar skenk, wat staan hulle te doen om lisensie te kry ens ens.
DANKIE
Jip defnitief – as dit 9mm pistool is kan ons dit defnitief gebruik! Skakel die ou by die training centre in Hartbeespoort 083 6537752 Hy sal al die papierwerk behartig.
Indien jul naby Hartbeespoort is, kan die meisie haar competency training by ons kom doen, dis by selle nommer as hierbo. Kos ongeveer R400 dan sluit dit baie goeie materiaal in ivm die wet ens en jy kan die boeke hou. Maar jul gaan iemand moet kry wat die wapen kan stoor tot en met sy haar opleiding gedoen het vir die handwapen.
Dus:
1. Die pa kan iemand soos Mike Henn van Potshot in Randburg bel en die wapen daar stoor.
2. Die meisie doen volg opleiding: Competency vir die nuwe wet en dan daarna die hantering van ‘n handwapen. Dis 2x afsonderlike kursusse.
3. Sodra sy haar lisense vanaf SAPS ontvang kan sy die wapen by die plek gaan afhaal wat hom stoor en there you go…
maklik soos 1 – 2 – 3
Laat weet as jy meer info kort! Stuur vir my ‘n duifie by infoATecomappingPUNTcoPUNTza
Bravo 2 oor en uit!
Goed ek sal vir my dogter die no gee, en sal vir my seun ook die inligting gee. Baie Dankie
Ok dan moet ek inlog om te comment, dis riekmerol!Kwaai foon, ek sal een like, maar Japanees verstaan ek gn.Gaan dit nog goed en het Sarel Seemonster jou nog nie aangekeer nie??
Het jy al nuwe voorraad gekry en is die pryse nog dieselfde?