Maar mapstieks kyk net so – daar loop blaker die ANC dan my termiet party se beleid uit! Jis ekt lanklaas so goed en tevrede en vol opwagting gevoel soos vandag na ek die berig gelees het!!!! Ek sê mos lankal dat die weermag die land se grense moet beveilig en nie die SAPS nie! Ek lees nog netnie hier van al die nuwe state of the art equipment wat die polisie nou gaan kry nie? Waar is die groot budget vir voertuie ens ens????????
Let the games begin!
![]()
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2518040,00.html
‘Skryf daar staat verklaar oorlog teen misdadigers!’
May 17 2009 08:50:33:223PM - (SA)
Pieter du Toit
Kaapstad. – Die departement van polisie gaan die spilpunt wees waarom ’n omvattende en aggressiewe strategie teen misdaad gaan wentel. Dit word vandeesweek van stapel gestuur.
Dit behels onder meer baie nouer samewerking tussen die polisie, weermag en intelligensiedienste, asook die vorm van ’n gekoördineerde, breë front bestaande uit die staat, sake en die burgerlike samelewing.
“Skryf daar die regering het oorlog verklaar teen misdadigers,” het mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, gister in ’n telefoniese onderhoud gesê.
“Hulle (oortreders) kry blykbaar nie die boodskap nie. Ons is oorgehaal om die misdaad-bul by die horings te pak.”
Die nuwe strategie gaan daarop geskoei wees dat die polisie slimmer (met die hulp van intelligensiedienste, gerugsteun deur forensiese dienste) en op ’n persoonlike vlak (deur groter gemeenskapsbetrokkenheid) te werk sal gaan.
Hy het berigte in Sondagkoerante gister bevestig dat die regering beplan om die weermag in sekere gevalle aan te wend om die polisie by te staan en ook om werkloses in te span teen misdaadbekamping.
Die planne, waaraan daar reeds ’n geruime tyd geskaaf word, sal vandeesweek deur Mthethwa belig word wanneer die nuwe hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (DPCI) aangewys word.
“Ons hou by die nuwe eenheid se vestigingsdatum (1 Julie). Dis belangrik dat ons misdaadbestrydingseenhede weet wie hul leiers is. Die verstryking van komm. Jackie Selebi se dienskontrak eersdaags sal ook ’n einde aan dié komplikasie bring en ’n nuwe polisiehoof sal gou aangestel word,” het Mthethwa, wat in September 2008 as minister van veiligheid en sekuriteit aangestel en deur pres. Jacob Zuma as minister van polisie aangestel is, gesê.
Hoewel daar nog nie oor besluit is nie, wil Mthethwa hê die weermag en nie die polisie nie, moet die landsgrense beveilig. “Dit rem ons hulpbronne en as die weermag dié funksie, soos in die geval van meeste ander lande, by die polisie oorneem, sal dit beteken dat ons meer polisiebeamptes op straat kan sit.”
Die weermag, en spesifiek die reserwemag, kan ook elders met groter vrug aangewend word. “Die meeste van die tyd doen opgeleide reserwemaglede niks nie. Hulle moet gebruik word om die plaag van transitorooftogte te help stuit deur te help om geldwaens te beveilig.”
Werklose jeugdiges sal betrek word by gemeenskapspolisieringsforums. Hulle sal opgelei en toegerus word om die polisie se oë en ore op grondvlak te wees, het Mthethwa verduidelik. “Ons soek mense wat ’n patriotiese bydrae wil lewer; mense wat nie bloot op die kantlyn wil sit en kritiseer nie.”
Filed under: Daaglikse neuron senapse