Parkes1, waar woon jul? Moet jy regtig Soshanguve toe ry? Is daar nie nader ‘n redelike groot stasie nie? Die stasie moet net ‘n designated firearm officer hê wat met die vuurwapen aansoeke werk. Die rede waarom jy dit by die stasie naaste aan jou woning ingee is vir wanneer hul die kluis inspeksies moet doen. Maar al die aansoeke gaan tog op die ou einde na Pretoria sentraal. So jy kan daar in Pretorius straat by Pretoria sentraal SAPS ook gehelp word indien jy in die Tshwane munisipale area woon.
Jy vra of dit veilig is om Soshanguve toe te ry? Is dit veilig om enige plek in RSA te ry? Hehe! Wil jy hê ek moet saamgaan? Wanneer ek na sulke plekke moet gaan dan pak ek net ‘n goeie dosis attitude in…en bullshit asof ek betaal word!
Daar waar hul 3 verwysings op die aansoek vra, moet dit kennisse wees ja. Jy mag nie family opsit nie. Dit moet byvoorbeeld ‘n werk kolega wees, of vriende wat jou redelik lank reeds ken. Indien jy op redelik goeie voet met jou bure is kan jy hul ook opsit as verwysing, die polisie lid wat die aansoek hanteer gaan hul skakel en vragies vra soos: Het sy selfmoordneigings of misbruik sy gereeld alcohol of het sy ‘n uitermatig erge humeur wat onbeheerbaar is ens ens ens….
En dan ook onthou net, die kluis moet ten minste aan 2 soliede oppervlaktes raak en vasgebout wees. Bv as dit ‘n lang staan kluis is, moet dit in ‘n hoek wees waar dit teen 2 mure vasgesit is EN op die vloer vasgesit is met roll bolts = TWEE teen elke oppervlak! Hierdie is baie streng wetgewing omdat rowers deesdae net met yster of crowbar die kluis uit muur breuk en daar gat hul met jou hele arsenaal!
|
Enige iemand wat belangstel om in Hartbeespoortdam aandklasse (ongeveer vanaf 18h00 – 20h00 by Pelindaba) te kom bywoon ivm die nuwe
Act 60 of 2000 (competency certificate) vir US 117705 of Handle and use a Handgun vir US 119649
kan AIM Training skakel by O83 653 7752 en hoor wanneer die volgende klasse begin. AIM Training is geakrediteer by SAPS, SASSETA en PSIRA om enige advanced firearm/security opleiding te verskaf, en het ook antwoorde op al jou vuurwapen vragies.
Vir die dames (en menere) word tailor made kort kursusse ook gebied soos bv. Anti hi-jack of selfverdediging ens ens. |
Let wel, ek is tog betrokke by bogenoemde opleiding, maar die kontak besonderhede is NIE my privaat nommer nie. Daardie nommer sal jou by die eienaar van AIM Training uitbring wat ‘n redelike besige skedule het, so los asseblief ‘n boodskap indien daar geen antwoord is nie anners gaan die ou my donner!
Enige iemand lus vir koffie en tjoklate brownies hè? Ek beginne onttrekkingsimptome kry! Geniet ‘n liefliek naweek en kom maak ‘n draai Saterdag oggend in Hartbeespoort by Sediba plaza waar ons geld insamel vir CANSA met jail & bail… die uwe sal jou arrest vir lelik op straat vanaf 09h00 tot 12h00 en jy kom nie uit die tronk sonder lat jy bail betaal nie
Bravo 2 oor en uit!
007 is lus om net te slaap vandag!
Filed under: Daaglikse neuron senapse
007 ek woon in Akasia naby Wonderpark, ek het die vorms afgehaal by Pretoria-Noord en volgens hulle moet ek dit by Soshanguve indien, maar as ek Sentraal toe kan gaan sal ek bly wees. My man was in n groot ongeluk so 3 jaar terug en is ook blind agv die ongeluk en daarom wil ek die wapen oorplaas op my naam. Ek het by Skerpknal my sertifikaat gekry het wel gegaan vir die eksamen, skietsessie ens.
Al hoekom ek vra van Soshanguve is dat ek net na werk in die middae kan gaan.
Dagse Spook
Sluit jy net mense toe?
Parkes1
Daardie afdeling van die Poelieste werk ongelukkig net “kantoor ure”. Jy is gelukkig as jy hulle tussen 9H00 15H00 bedags op kantoor kry.
Groete en sterkte.
Ek hoop iemand bail jou uit Saterdag! Geniet dit!