Volgens Act 60 of 2000, of te wel die firearm control act, moet alle herlisensiering van huidige vuurwapen eienaars teen einde Maart 2009 afgehandel wees! So indien jy nog ‘n oud lisensiekaart vir jou vuurwapen(s) het, moet jy spring lat ons help om daai her afgehandel te kry! Jy hoef net ‘n competency toets te skrywe en sertifikaat kry wat bevestig dat jy vertroud is met die nuwe wet, dan is jy reg my ou gabba! En as jy nog enige vuurwapen vragies het wat op die hartkleppe druk moet jy vra! Die antwoorde is vernuut!
Het ek reg gehoor op Jacaranda fm Dinsdag middag dat Huisgenoot Steve Hofmeyr beledig deur in hul hoofartikel opskrif te skryf hy het ‘n bloedKONT?
Dit klink vir my alles behalwe na ‘n drukkersfout! Dis bekkotsingswaardig, kinneragtig en heng, laat dit selfs op Jacaranda moet bevraagteken word?! Sulke sort gedrag maak my skaam vir my nasietjie…o jammer wag – ek lees/koop nie Huisgenoot nie so dis darm nie deel van my menasie nie
Vandag, Woensdag oggend, is die girl in die Brits hof om borgtog teen te staan vir ‘n huisrower wat ons in Kosmos arresteer het, het 5 gesteelde vuurwapens terug gevind en moerse klomp gesteelde goedere en terug getrace na ‘n ernstige huisroof net paar maande gelede ook in Kosmos, Hartbeespoort! My gat as die ou vandag borg kry – dans hy WEG so gou hy by daai hof uitstap! NEE, die knapie bly in die selle waar hy hoort!!!!!!!!!! Maak nie saak watter saak of docket ek aan werk nie, elkeen het sy eie meriete om afgehandel te word, van selfoondiefstal tot huisroof tot Crimin Injura saak, as die lid van die publiek dit nodig geag het om die saak aan te meld dan sal ek geen klip on-aangeraak laat om vir sy skerpieoen of spinnegogga te soek nie!
En vir my Devil Twin wat vandag verjaar – May the blessing of this day leave you in breathless awe! Happy B-DAY my sussa from another mother!
Bravo 2 oor en uit!
007 drink jul raak iewers in Harties…met koffie natuurlik wat het jy gedink? Klippies en coke? Hmmm ja klink vir my na ‘n bargain – ek sal 2 vat dankie
Filed under: Daaglikse neuron senapse
007 Ek is nou besig om aansoek te doen vir my man se wapen, ek moet dit indien by Soshanguwe (Is dit veilig om soontoe te ry??? En dan wil ek weet moet jy 3 vriende se besonderhede invul??