Wie de dinges is die ‘Ons’ ?

Wela kapela! Ekke het tog die naweek die nuwe :cool:  007 fliek gaan beloer! Sjoe sexy tjor in die openingstoneel! Darm maar sonde om so mooi tjor so te verinneweer! Maar ieder geval hier volg my resensie dan!

Quantum of Solace stel gladnie teleur op vlak van Bond wat heel aantreklik die held is nie en daar is BAIE aksie en bloed en uhm hy misbruik sy lisence to kill ;-) Daar is weer so 2 mooi girls maar baie op die agtergrond. Help nie jy gaan kyk die movie om ‘n storielyn te volg nie, jy gaan kyk dit vir die aksie (en is daar flippen baie onmoontlike spring moves en val van hogere goette af en skop, slaan skiet en poep) en om die James Bond medley te hoor :lol: Maar hier lê die teleurstelling! Daar was geen cool gadgets gewees nie buiten vir die Sony Ericson foon wat anyhow nie in ons land sulke funksies kan uitvoer soos waarvoor Bond dit gebruik nie! Enigste ander super cool gadget was die MI6 rekenaarsisteem … paar vingerbewegings en zap zip woeps waps al die info en resources en hele pedigree van almal is tot jou beskikking ens. En die sexy Astin Martin fluweel is net in die openingstoneel…waar hy afskuwelik verinneweer word en nêrens sien ons weer so mooi stukkie prag nie – net ‘n volla … wat maar opmaak vir die classic look ek dink :-) En laastens – moenie enige stomende liefdestonele verwag nie want Bond treur nog oor sy vorige girl…

 

Oraait dan genoeg daaroor…my volgende vragie wil ek graag oor debateer! Genesis 1 vers 26 lees in my Bybel: Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die….”

Goed so my vragie is soos volg: Wie de dinges is die ONS? en dan as God nooit vlees was nie, dan na watse beeld is die mens geskape? Of is al hierdie figuurlik gestel of is ons na die geestelike beeld van God geskape? Ek probeer nie difficult wees nie – dis net nog een van my waarom vragies in die lewe…

sos1

Laastens, ek wil graag bietjie die evolusie teorie bespreek die week, maar ek weet daar is die christelike oogpunt, die scientific view ens ens en almal word beinvloed deur eksterne faktore wat jou mening subjektief maak en dis jou goeie reg maar het enige iemand al die volgende boek gelees? Evolution: The unscientific lie deur dr H D Mouton geskryf. Baie interesant – maar ek gaan nie oor evolusie debateer alvorens ekke nie self die boek klaar gelees het nie…

Laat dit met jul goedgaan…kiepie voel bietjie depro vemore…

Bravo 2 oor en uit!

7 Responses

  1. Tjint – dit lyk of die depro jou erg beet het – miskien sal die safari na daai boomhuis in Botswana nou net die regte medisyne wees – maar vat my tog net asseblief saam – dis hoog tyd dat ek weer my tasse ook pak vir bietjie rus en vrede vir die siel (wonder of dit moontlik gaan wees :-? – die drie weke na die amptelike sogenoemde “festive season” voel vir my asof daar nog drie maande voorlê – onthou die voorraad Huntertjies, Brannas en Koke, die ysmasjien en laaste maar nie die minste nie die Jameson. Ons sal plan moet maak vir die Tjoklit Brownies – sal maar vir Seemonster vra om vars voorraad met die Tjopper te drop elke tweede dag :cool: :razz: Miskien kan Dellie weer vir ‘n “free ride” onder aan die harnas hang – sy sal net moet passop vir die doringbome op die agterstewe :mrgreen:

    Nou laat ek probeer om so bietjie lig te werp op ‘n gedeelte van jou vraag uit Genesis 1 Vers 26 – “Wie de dinges is ONS?” Dit dui op die Drie-eenheid, want God praat met Homself en daar was meer as een Persoon in die Godheid. Dit dui verder daarop dat toe God die mens geskep het, Hy met Homself beraadslaag het en nie met engele of enige iets anders nie. Derhalwe dui dit aan dat die mens na God se beeld geskape is. Die mens is ook nie soos visse, plante diere ens., nie. Verder dui dit op ‘n mens se persoonlikheid omdat die mens God se intellek, emosie, wil, selfrespek ens., weerspieël

    Nou weet ek jy sal nie my verduideliking sommer net goedsmoeds aanvaar nie en ek hoor al hoe jy daar by jouself sê – “Ja, maar …………” Nou laat ek hoor????

  2. Okay hier is my vragie dan – die verdudeliking klink of dit kan werk maar dan as God hier met Sy drie eenheid praat wat ek aanneem die Vader, Seun en Heilige gees is, hoe het Hy dan al in Genesis besluit die mens wat hy skape gaan so sondig dat HY later in die nuwe testament Sy Seun sal moet stuur om vir hul sondes te sterf? Klink vir my na aliens wat ‘n tv game speel met earthlings…

  3. nee wat, daardie boek kan jy maar laat staan. evolusie is ‘n bewese feit en dit het niks met die christendom se waarheid al dan nie uit te waai nie. moet nooit val vir enigiemand wat jou so probeer wysmaak nie.

  4. En toe “ja, maar” jy net soos wat ek gedink het jy sou. Miskien is daar bloggers wat meer duidelik kan verklaar “hoe Hy dan al in Genesis besluit het die mens wat hy skape gaan so sondig dat Hy later in die nuwe testament Sy Seun sal moet stuur om vir hul sondes te sterf”. My antwoord aan jou is: Volgens die Bybel het God, Jesus “al voor die skepping van die wereld lief gehad” (iewers in Johannes) en verder dat God van die grondlegging van die wereld af reeds besig was om keuses te maak – daar word ook verwys daarna dat God beplan en bepaal het wat sou gebeur – i.e. “Reeds voor die skepping van die wereld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom” (Petrus). Tjint-dus is my redenasie dat God in Sy beplanning fase gekies dat ons as mens heilig en onberispelik moet wees, maar ook voorsiening gemaak het in die beplanning om Sy Seun te stuur om vir ons sondes te sterf.

    Okei, volgende?

  5. Dagse 007Meisie

    Eerstens die bewering dat evolusie die bestaan van God en Sy skepping verkeerd bewys is loutere onsin, Daar is wel tekens van evolusie of dan verbetering in sekere fasette van die skepping maar dit het nog nooit bewys dat evolusie of die big bang wel bestaan nie dis ‘n fabrisering van ongelowige verstand.

    Die een wat glo dat hy uit ‘n aap ontwikkel het is nog steeds op dieselfde vlak as daai aap. :???: :mad:

    God bestaan en Hy het alles geskape. Juis oor Hy alles geskape het, weet Hy ook dat ‘n deel van Sy skepping nl. die Engele in opstand gekom het onderleiding van wat ons na verwys as Satan of die Duiwel. Juis oor die rede en dat Lucifer die werk en skepping van God op alle moontlike maniere teen staan het God geweet sal Satan die mens beproef en hulle sal nie deur sy leuns kan sien en staande bly nie.

    Daarom is God se genade gebaseer op juis die een element nl. gehoorsaamheid aan Hom en Sy opdrag. Daarom het Hy, Sy woord laat Mens word in Jesus Christus en verwag van ons om Hom te aanvaar, aanteneem en te bely dat hy die Verlosser is en te lewe volgens Sy Woord.

    Dis hoe Hy bepaal of jy Hom ook lief het, deur jou gehoorsaamheid. :wink: :razz:

    Groete

  6. White Knight, ek is bevrees jy het die kat ‘n bietjie aan die stert beet. Ons het nie uit ape ontwikkel nie, maar uit primate. Ape is ons genetiese nefies en niggies, nie ons oupas en oumas nie.

  7. Johan Swarts

    Kat se stert, hond se oor wat ookal. :roll:

    Dis juis die punt rondom die beweerde leringe van evolusie. Eers is beweer dit was ape, en toe dit verkeerd bewys is, word die primate teorie gebruik.

    Wat ookal die teorie of evangelie van evolusie leer is, dit misken GOD en kan daarom nie bestaan regverdig nie.

    Groete

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.