Steve – Janine – Die laaste kwaak…

Ek het my mening oor die hele storie maar vir myself gehou – hierdie inskrywing is nie daarop gemik om enige iemand te veroordeel of inkrimineer nie – hierdie inskrywing is my persepsie van ‘n regs en siviele saak en hoe ek dit ontleed.

Enige iemand dalk die artikel in Huisgenoot gelees ivm die Steve – Janine sakie? Kortliks insinueer hul dat die saak se uitspraak baan sal open vir soortgelyke gevalle waar vrouens wat die ‘ander’ vrou was kan eis vir beloftes wat nie nagekom is deur die getroude man nie omdat hul opofferings gemaak het vir die getroude man. Dis nou indien regter Bizos ten gunste van Janine uitspraak lewer.

My persoonlike teorie is dan soos volg: (en jy mag van my verskil want hierdie is ‘n hipotese en nie ‘n subjektiewe mening nie – geen persoon kan totaal objektief wees nie – dis onmoontlik)

Die vrou eis nou skade vergoeding omdat mondelingse beloftes nie nagekom is nie en omdat sy glo gebou het op ‘n toekoms saam die reeds getroude man – nou maak hy beloftes, hy kom dit nie na nie en nou eis sy geld daarvoor omdat sy haar tyd gemors het (endit is haar goeie reg om so te maak). Wel in daai geval dan kan die getroude man ook skadevergoeding eis omdat die vrou als op die lappe bring, sy eer krenk, hom verneder voor sy familie, vrou en kinders, hy is nou uit sy huwelik geskei, sien nie meer sy kids nie, dis als emosionele skade waarvoor die getroude man kan eis.

Maar op die ou einde voel ek dat beide partye weet hul het verkeerd gedoen en wat die moontlike gevolge van hul dade kan wees en dus moet hul net hul eer in die sak steek en omdraai, wegstap en aangaan met hul lewens en die saak daar laat! Die gemoddergooi kan van twee kante af kom – daars nie een party onskuldig in die saak nie. Daar is sy storie, haar storie en dan is daar die waarheid!

 16072008795-small5

What do you think? Of sal ek vra: Sê wie? ;-)

So indien regter Bizos dan teen Stefeaans uitspraak lewer dan moet hy appeleer itv die bogenoemde terwyl almal nou besig is met hul gemoddergooiery  want Janine se verweer is dat sy haar loopbaan opgeoffer het om saam Steve te wees – wel sy het mos geweet hy is reeds getroud! Die regter het vb gebruik van ‘n verpleegster wat aan huis iemand versorg en verlief raak en nou wil die siek persoon nie betaal nie want daar is liefde betrokke…dis strooi want die verpleegster se werk is om te verpleeg en was nie van die begin af daarop uit om die siek persoon te verlei nie…of het sy dalk ‘n verpleeg beroep gekies juis daarvoor? – Janine het haar eie werk gehad – dit was haar keuse om dit op sy te skuif! En dan moet Steve net bewys dat Janine ander soortgelyke verhoudings gehad het (soos met Dozi) en dat daar verskeie meisies is (Nelmari Kruger onder andere) wat daar op uit is om celebs se geld te kry op soortgelyke wyse – dan bewys hy dat hul ‘werk’ eintlik fraud is.

Die ander vrou praat bollie as sy sê sy het haar loopbaan op geoffer om saam met die getroude man te wees – daar is mos niks fout met haar brein om te kon besef soos wat die tyd aangestap het dat hy nie sy vrou gaan los nie – so hoekom het sy bly hang aan hom?  Sy het wel laasjaar agter gekom dinge gaan nie verander in haar guns nie so toe besluit sy om die media te vertel en haar geldjie te maak uit die hofsaak en dan ook sommer omdat dit redelik flippen baie koerante/tydskrifte gaan verkoop sal die media wat die storie dra ook hul pond of twee kry! Ek persoonlik dink dit was van die begin af so beplan! En ek persoonlik dink ook dat daar paar girls daar buite is wat presies hierdie selfde gedagtes het soos die Nelmari girl wat onder andere verhoudings gehad het met Theuns Jordaan, uhm Joost (terwyl sy vir Amore gedans het) en wie is daai blondekop rugby speler? Ek daag hierdie flerries uit om my verkeerd te bewys!!! Wat van as ons julle modus operandi so bietjie ontbloot?  Onthou – hierdie is my mening – dit mag dalk op feite gebasseer wees of my hipotese wees – besluit jy maar self!

Wat ek wel mee saam stem is dat Janine die volste reg het om Steve te dagvaar vir Crimin Enjura as sy voel dat sy nie popster afleiding was nie en dat sy in die publiek verneder was. Dis maar ‘n heel algemene soort klag in die howe vandag. En heng – die vrou is nogal mooi nè?! Uiterlik nou…want ek ken haar nie self nie ek sien maar net kiekies…

Nou vra ek dan – as Steve nooit uitgevang was nie en hulle verhouding nog vir jare aangegaan het – sou sy (Janine) tevrede gewees het met haar lewe dws geen beroep, geen standvastigheid, geen huis, geen motor – ?????????? Sy verklaar dan in die hof dat sy haar loopbaan opsy geskuif het vir ‘n moontlike toekoms saam Steve. Blerrie stupid die kaliber girls as jy my vra. Maar dan ook weer – ek was nie betrokke nie so ek sal nie weet wie praat waar en hoeveel werklike liefde betrokke was nie! Wat ek wel weet is ja, mens kan meer as een persoon op dieselfde tyd blerrie flippen baie lief hê!

En dan vir die laaste troefkaart…ek dink ek moes dalk eerder in die regsverteenwoordiging beroep ingegaan het :-P

Kyk wat ookal die regter se uitspraak is, of dit nou ten gunste of teen wie is, dan dink ek in hierdie spesifieke geval kom on sê nou maar dat die regter ten gunste van Janine uitspraak lewer, moet Steve apel aanteken op gronde daarvan dat die media die oorsaak was dat die hele saak reeds ‘n publieke verhoor gehad het en dat dit dus nie ‘n fair and objective court case was nie , dus was die regter deur die media beinvloed en nie objektief nie aangesien die media reeds die betrokke partye veroordeel het en besluit het wie is skuldig en wie nie and thus they jeopardised the whole criminal and civil case. Alles wat in die openbaar geprint/blog word is media blootstelling, dus was Janine reeds bevoordeel deur die parra blog, SONDAG koerant en ook Huisgenoot skryf in ‘n anti Steve trant en sodoende is Steve reeds deur die media skuldig bevind – en dit is nie hul reg nie al is wie ook skuldig aan wat dis die hof se werk om jou guilty or not guilty te bevind!!! Dit is soos die Zuma hofsaak – die media se opinie was dat hy reeds skuldig is vir rape maar nooit is daar eens gegis dat dit dalk heel skelm ‘n set up was nie! Dus sal die Zuma saak heel moontlik nie slaag nie want hy het reeds ‘n publieke verhoor gehad te danke aan die sotlike media wat nie oplet in hul sogenaamde joernalistiek klasse nie! …duh mentaliteit… Kom ons weeg dan nou die skaal op teenoor ‘n fair case vir Stefaans…die land dink klaar wat die media vir hul opdis en your honour I rest my case – hierdie is  NIE  ‘n fair trial vir crimin enjura of fair civil case vir skadevergoeding nie – te danke aan die geldsugtige media :-D

 

 

Maar hoe om ookal, die bogenoemde gevalle studie is van betrekking op die prinsiep van een persoon is getroud en daar is ‘n ander party(e) betrokke. Of dit nou die Steve-Janine geval is en of dit nou ander omgekeerde rolle in die samelewing is – hierdie is maar my opinie vir wanneer ookal die regter uitspraak lewer! Want hierdie uitspraak sal either tot gevolg hê dan daar meer skelmpies daarop uit is om geld te maak of dit sal die getroude partye weer in hul spoor laat trap!

En Stefaans – jy stel my teleur! Sies! Waar is die respek vir jou vrou gewees? Living on the edge? Don’t hurt other people if you are not prepared to also get hurt! Maar pak die lewe by die horings en ry hom bloots…dis nou figuurlik bedoel maar ek weet jy gaan nou weer dit letterlik staan en interpriteer meneer… LOL! Daar is bitter min mense wat meisies so met mooi voorde kan verlei soos Stefaans (dis baie groot gawe) en hy MISBRUIK dit gerieflik! Skaam jou dude!

Daarsy dis dan my kwaak vir die dag! (bow) Maak daarmee wat julle wil!

 sperm

Bravo 2 oor en uit!

007 gat nou kaalvoet in die modder poele splash…en geheime agente uitsnuffel wat hulself soos erdwurms gedra ;-)

5 Responses

  1. Ag nee vrou. Ek is OP geSteve… en uhm geJanine. ;-) So my sinvolste bydrae tot hierdie onderwerp is ook maar ‘n ‘kwaak’. Kwaak.

  2. Hello 007 ek is nog nie dood nie! Net vrek besig! :lol:

    Hierdie is eintlik vir my maar net ‘n sad storie van wasgoed was in die openbaar. Ek persoonlik sou dit eintlik privaat wou oplos! Mind u ek sou verseker nie my lewe opoffer vir iemand anders se man nie.

    Mens kan ook nooit jou geluk op iemand anders se ongeluk bou nie.

    Ek is nogal jammer vir almal betrokke! Baie mense het seergekry!

  3. Dagse

    Wil vir my oorkom of iets jou weer omkarring as ek so tussen die lyne lees. In elke geval jou redenasie hierbo is nie sonder waarhede en sommer net nonsies nie.

    Sal maar sien wat gebeur in die volgende paar weke met die saak.

    Groete

  4. Jou prentjie is baie snaaks! :lol:

    Ek dink Janine is sommer plein kommin, sorry to say. As Steve nie die ‘popster-afleiding’ comment gemaak het nie, het sy nou nog doodgelukkig aan die agterspeen gesuig. As 10 jaar se skelmpie wees ‘ernstig’ genoeg was om nou soos ‘n getroude vrou skadevergoeding te kan eis, moes sy soos ‘n getroude vrou bietjie meer respek getoon het en nie die hele storie op Rapport se voorblad gaan uitbasuin het nie. Nog ‘n ding wat my siek maak, is dat sy Steve tot verantwoordelik hou vir die aborsie. Genade! Hy het sekerlik nie met ‘n gun teen haar kop gestaan nie! Nee wat, patetiese ou vroutjie wat op almal se simpatie wil ry.

    As haar eis suksesvol is, hoop ek Natasha slaat haar met ‘n eis van haar eie, vir opbreking van haar huwelik.

  5. Ek het ‘n tolerence vir baie stront en sekere mense. My tolerence met Steve is moer toe. My tolerence teenoor Janine is nog daar, maar hoe langer die ding draai, hoe minder bly van daardie tolerence oor.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.