Checker’s sakke se gat!

So who created God was my question…did God create God or did people create God? Nou ja toe, vandag vertel ‘n smart pants vir my: To be created you need a creater, God wasn’t created, He IS THE CREATER! Dis mooi nè?! Maak mens weer so klein voel…jul al gesien hoe baie die sterre is? Yum die naweek reën ruik lekker !!! Maak my sommer weird gedagtes kry – gooi my chemiese samestelling HEELTEMAL van die wa af! Ekke lus om die reëndans in die middel van die straat te doen om middernag in eva’s gewaad – wie join my? :lol:

 

Nou ja toe – hiers dan weer so bietjie dink krummels! Kyk daars mos die wetgewing gedoente van mens moet deesdae betaal vir jou plastieksak by die kettingwinkels reg? Nou sien die ding staan so: Wanneer jy die adverteerder is en jou produk/diens wil bemark, dan betaal jy vir jou advertensie en gee mos die flyers/promosie artiekels VERNIET aan die verbruiker of potensiele klient reg? Nou waarom verdomp druk Pick & Pay en Checkers en Hyperama en Markhams en Truworths en wie ookal nog al hul advertensie materiaal op ‘n sak waarvoor EK betaal??????? Dan moet die sak mos skoon een kleur wees want anders BETAAL EK vir HUL ADVERTENSIE…Dis flippen erger as kuikenmoord! Ons word VERPLIG om te betaal vir die sakke – ek meen hoe de dinges kry jy jou hele trolle inkopies by die kar as jy jou RE-USE / RE-CYCLE sakke tuis vergeet het? Hul moet ONS eerder betaal om die sakke te MOET vat want dis al wat daar is! Hell NO! Ek sê jul VANDAG is die dag wat ek ‘n projek beginne vir harde bruinpapier karton sakke – soos daai geskenk sakke wat oopvou maar wat baie meer biodegradable is as plastiek sakke en sommer sterker is ook! Nou daarvoor sal ek betaal! Hoeveel bottels wyn kan jou ‘klontkop pakker’ by die toonbank in 1 flippen plastieksak kry en dan heel gerieflik die sak laat skeur wat jy nou net uhm hoeveel voor betaal het? Ag nee se gat man!

AS ‘n kettingwinkel wil hê ek moet by HULLE koop moet hul vir die sak betaal wat HULLE advertensie op het! Die oorspronklike idee was dat mense betaal vir sakke om hul meer omgewingsbewus te maak en om die sakke sterker te maak sodat jy dit weer kan gebruik – ek sê nie almal vou die sakkies mooi op en gebruik weer nie maar dat die sakke nou nog langer langs die pad in ‘n boom wapper as voorheen want dit vat BAIE langer om aan flarde te gaan – teenoor ‘n karton sak wat mos sommer tjop tjop ontbind!  Okay my punt was eintlik oor die winkels wat jou dwing om te betaal vir jou sak maar hul advertensie daarop plaas! Aikôna! As jy wil adverteer betaal jy self boetie! Dis mos nou daylight verbruiker uitbuiting daai! Soos ek voorheen al gesê het – die krag van die verbruiker word onderskat! HEELTEMAL! Hoe stupid dink die grootkoppe is ons! Indien ons aksie van stapel stuur om NIE te betaal vir sakke met advertensies op nie – dan maak ons nie meer ander mense ryk met ons swaar verdiende swoeg en sweet geldjies nie! ;-) Wat sê jy?

:mrgreen:

Skies julle – kon myself nie help nie…moet net eenvoudig die volgende 2 pics deel…

Bravo 2 oor en uit!

007 het ‘n environment om te red!

 

5 Responses

  1. Dagse Dabbel 0 Seven

    Ek stem saam met jou oor die nonsens dat mens nou moet betaal vir sakke wat een maatskappy se naam en embleem op het.

    As sakke herbruikbaar moet wees, behoort jy dit sonder advertensie te kan kry, sodat jy dit orals kan gebruik. Dink ons moet ‘n punt maak daarvan om PnP se sakke dan by Cherkers te gebruik en weer andersom.

    Kyk hoe hou hulle daarvan? My eerlike opinie is dat die hele idee geflop het, meeste mense betaal maar vir die sakkies, so die idee van minder rommel is nie bereik nie.

    Soos jy tereg opmerk, dit vat nou inteendeel langer om te verdwyn.

    Groete

  2. Is iets waaroor ek ook al gewonder het. Het nou die dag vir my by OK ‘n lapsak gekoop, maar toe gebruik ek dit by Spar en moet toe weer by OK plastieksakke koop. Dit is egter geensins ‘n manier om rommel te verminder nie, want meeste van die tyd het ek nie iets by my om my inkopies in te pak nie en moet dan maar tog nog ‘n sak koop en is dit ook wat die meeste ander mense doen. Nou dat ek uiteindelik besluit het om ‘n punt daarvan te maak om sakke in my kar te hou en die lapsakke verkies, kry mens dit nêrens nie…

  3. hi 007!meisie…dankie vir jou nota daar by my en die pragtige gediggies, sal weer hier by jou kom rondkrap, maar heelwat later vandag! Ek stem saam oor die sakke.. en as hulle dit skeur, moet dit verseker vervang word, ek meen… ek dink ook hulle moet heeltemal wegdoen met die plastieksakke en slegs sakke verkoop wat hergebruik kan word en recycle-baar is…hoe mix ek my tales nou hier…hehe

  4. Weet jy, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ek is nou eenmaal een van daai dom verbruikers! :lol: As hulle advertensies op die sakke druk, behoort ons nie daarvoor te betaal nie.

    Maar hoekom, by sekere plekke, hoef jy nie te betaal vir sakke nie? :roll:

  5. Hi 007, kom ons gaan toi-toi oor die sakke storie :lol:

    Ek het jou grappies baie geniet!

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.