Miljoene se deelname maak my verleë… :-)

Hehehe Nico kom haal jou blikke pampoensop op die podium (bring sommer vir ma en Ore saam ;-) jy is die enigste uit al die miljoene deelnames wat die naaste aan reg is vir al die vragies…jy klink nes ‘n blerrie onderwyser! Sal die naweek gou antwoorde plaas!

Hiers ietsie om jul intussen besig te hou!

1. Watter mariene dier het die grootste oë in die diereryk?

2. Wat doen jy op die strand as jy in ‘n bloublasie getrap het? (dis nou na j die rooi telefoontjie hemel toe geskiep het…)

3. Daai skulpies wat jy so lekekr op die strand optel, watse organisme was dit oorspronklik?

4. Voëleienaars sit so wit stukkie calcium ’surfbord’ in die voël se hok vir tweety om aan te knibbel, van watter mariene dier is dit afkomstig?

 

Eish dis warm vandag…moenie lat die son jou alleen buite vang nie!

Bravo 2 oor en uit!

9 Responses

  1. 1. Die Reuse Pylinkvis. (Giant Squid. Amper soos Capt. Jack Sparrow se Kraken).
    2. Vloek en skel. Dan soek jy bietie asyn om op die eina te sit. Dit help.
    3. Seeslakkies.
    4. Die (gewone) pylinkvis.

    PS. Moenie vir iemand sê nie, maar ek is ‘n blerrie onderwyser!

  2. Tjint, ek sien hierdie Nico gee nie een van ons ander bloggers ‘n kans om eerste die antwoorde hier neer te skryf nie – en wat help dit dan dat ons nou tweede of derde is ens., dan sal jy weer se ons het afgekyk
    :-)

    Maar op die derde vraag kan ek darem iets inlas – kyk ek weet as die bloublasies skielik hulle opwagting gemaak het as ons doer onder by die see is – die kinders kom op strepe huilend histeries en met ‘n geskree soos blits uit die see uit – lyk of sommige van hulle bo op die water loop – baie mense glo dat die tipe alwyn plant wat op die duine groei se sap help vir die brand as dit op die geafekteerde areas op die vel gesmeer word- my opinie is dit neem te lank – asyn werk wel bietjie vinniger – maar ook nie vinnig genoeg nie – ek kan mos nie ‘n tjint se pyn aanskou en hanteer nie en nog minder daardie aanhoudende gejil en gegil en geskree – daar is nou so wonderlike middel op die mark met die naam “Stinggoes” – dis blerrie duur maar die moeite werd om aan te hou – tot vir muskiet se steek/byt werk dit soos blits. Ek hou dit graag aan daar by die see- om die tjinners se bloublasie histerie vinnig in die kiem te smoor – ek deel dit tog so graag mildelik uit – net vir stilte se onthalwe :-)

  3. Tjint – jou horlosie hier op jou blog kort om bietjie gestel te word – dit wys heeltemal die verkeerde tyd wanneer daar kommentaar gelos word – 4:51 hier by jou en by my is die korrekte tyd 6:53. am.

  4. Hey Nico, ten minste is jy een van die onnies wat iets weet! Bravo meneer, hou aan met die goeie werk!

    (PS: kan ek jou foonommer kry vir “phone-a-friend???)

  5. Ag ou Nico het so hier en daar ok mar ietsie verkeerd hoor! Sal later gou antwoorde plaas wanneer ek ‘n paar druppels horlosie olie op eish het saam slukkie coke!

    By the way Nico, jy gat mar moet help asb want jys die IT boffen! Wats die kode wat ek by die settings moet insit om die tyd reg te kry? Of dalk sal Dellie weer kom assisteer en paar soplepels saambring?

  6. Wel, nou voel ek sommer baie slim, want ek ken die antwoord op hierdie ene! :lol:

    Loop die paadjie so: Dashboard – settings – kyk dan by general settings so ‘n entjie af op die bladsy is “timezone”. Select UTC +2 daar. Save changes, en dan sal jou tyd reg wys. :wink:

    Lekker naweek!

  7. Baie geluk Dellie

    Jy is korrek en hiermee ‘n pakkie gemmerkoekies vir jou. :lol:

  8. Hi 007, die reën het uiteindelik gekom! :lol:
    Lekker week vir jou!

  9. 1) Ek het die grootste oë! As ek ‘n haai sien swem ek vinniger as enige seedier, skyt meer as enige walvis kan doen in een jaar en my oge is so groot ek sien tot in Barcelona van Kaappunt af!

    2) Piepie

    3) Dit kan enigiets wees…van slakke, mossels, aliekreukels…ens

    4) Seetong! Brings back memories… Stem met Nico…inkvis!

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.