Naakbeeld

 

naakbeeld

jou lippe ‘n naakbeeld

soel heuning weeld

kyk ek weer

en weer

so sag en rond

staan jy bond

of sta jy nader

amandel eskader

lek jy onbewus daaroor

my sintuie staan bak’oor

magiese houvas

so soenbaar sag

mag ek maar voel

vlinder fyn en sag met doel

soentjie steel

vrytjie vra

fluister tog net ja

 

feetjies kom tower in bende

en trippel-dans in ons monde

ieniemieniemaaniemou

dis net oor ek wou

jou reuk inadem

bedwelmd aan my klou soos wasem

want jou lippe

‘n verbode naakbeeld

sal jy elke oggend vroeg

my wakker soen as groet?

______________________________________________________

 

Kopiereg © 007meisie en die eienaar van die wordpress nickname 007meisie.

Alle litterature werke wat op hierdie blog geplaas word se kopiereg (cut en paste) behoort aan die skrywer naamlik 007meisie (tensy oorspronklike skrywer vermeld word) en geen gedeeltes mag sonder die outeur se goedkeuring gebruik of aangehaal word nie.

_________________________________________

 

 

Yippppeeeeeeeeee!

Gun my die geleentheid om so effe te trippe – trappe – trone en my stertjie te waai en sommer mildelik klippies en coke uit te deel! hehehe! My ou spannetjie het gewen! Eks baie bly want dit het my gemoed sommer weer ook in ‘n baie positiewe aora…

Al die spanne wat die naweek gespeel het was blerrie harde games! Jislaaik die ouens het behoorlik bloed gesweet…maar ek het nie juis veel geworry oor daai nie jy sien…ekt net geworry oor hanteringsfoute of enige fout wat tot ‘n skrum of dalk ‘n losgemaal lei…want dan kan ek asses en kuite check :-P en al is ek ‘n stoere BLOU BUL…heng het julle dames daai aantreklike Teunis de Bruin (is dit reg gespel?) gesien van die cheetahs? Eish gives me hot flashes…nes Piere Spies van die bulletjies!

Sal maar die strategie ens gesels vir die los wat meer daarna opgelet het… LOL!

Is dit dan nou die bulletjies teen die haatjies in die shark tenk next hmmm? Weer soos die super 14? Oe la laaa! Hier is dan my ode aan die bulletjies! Wens iemand wil die vir my toonset en sing? Hoe lyk dit Stefaans of Pieter Koen?

Blou bul manne

 

Ek sien daar swem ‘n haai

Al wat ek kon doen is waai

koebaai Meraai

Die haai het ‘n droom

so groot soos ‘n boom

Hy wil so graag wees

in wese en in vlees

al het hul soms nul

‘n stoere blou bul

So dan sal ek maar weer waai

koebaai vir Meraai

 

Want net manne met balle

die het DNA vir bulle

hul bloed vloei blou

hul vlae pronk pou

En die haai wil kom spy

met hul vinne in die pie

maar die bulle die braai

haai vinne vir slaai

 

So koebaai Meraai

jou haai-stert maak ‘n draai

in die Loftus heiligdom

Want ‘n blou bal is dit not

en blou bloed kom dit kort

‘n horing van ‘n bul

het jy net mooi nul

So jou droom

Soos ‘n boom

en jou wese en jou vlees

sal die DNA nooit oorheers

Want ek sien daar swem ‘n haai

en al wat ek kon doen is waai

Want ‘n bul die is jy nie

jy het nie balle aan jou nie

want net manne met blou balle

maak aanspraak as blou bulle

 

Jou stert is plat

jou vinne is swart

Jy ken net van swem

en wil so graag wen

Want net manne met balle

die het DNA vir bulle

hul bloed vloei blou

hul vlae pronk pou

Jy wil net heeldag surf

bly dus weg van ons turf

 

en hul weet in hul mou

die manne met balle

is ons Loftus BLOU BULLE

 

 

_________________________________________________

Kopiereg – 007Meisie!

 

Bravo 2 oor en uit!

 

 

 

 

Een Reaksie

  1. Goeie jel! naakbeeld het my uitgeboul! Dis baie mooi geskryf. Wannir het jy gese kom jou manuskrip-digbundel uit?

    Waarom, o waarom klink ieniemieniemaaniemou vir my so bekend?

    Dis ook maar goed jy het kopiereg hieso…goed waaraan ek nooit dink nie!!

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.