Sit ‘n veer in jou hoed, gryp jou springbokvelletjie, pomp die wa se wiele en maak gat skoon Pretoria toe! AS jy ‘n man is kom sê jou sê oor die man in Schoeman Straat en as jy ‘n vrou is kom pak jou naels uit oor die Pre (PMS)
in Pretorius straat! En dit moet ALS VANDAG gebeur hoor! Hier is nou die een geleentheid waar jy iets kan doen en nie net heeltyd kla nie! Kom kwaak jou kwaak en kyk of jy Gauteng se nuwe premier ‘n ding of twee kan oortuig van JOU HERITAGE! Neem kennis lat die rakkers natuurlik die doel van die oefening die flippen heel kleinste sal druk…gerieflik maklik misleesbaar!
Ek het eintlik nie die vaagste benul waar die Sammy Marks Auditorium is nie! Kan enige iemand help? My dinkertjie wil wil sê dis in Kerkstraat se wandellaan gedeelte noord van die staatsteater, maar my wetertjie weet nie so dus is my dop bietjie hol wat die ligging aanbetref! Maar heng ons sal spoedig moet uitvind waar dit is! Kom kom kry solank al jou maters en koop pannekoek vir aandete en sit die honde se kos reg en nou is daar geen meer verskonings nie, kom sê jou blerrie sê! DIS NOU JOU KANS!
>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>
Gun my die geleentheid om vir my sexy kuit manne sterkte toe te wens…more op Loftus Versveld gaan hulle hul harte uit speel! En al het hul nul ek bly ‘n bul! Maar ons almal weet hul gaan nie nul hê nie!
Ek sit solank my klippies en coke reg vir die game! Wie gaan by Loftus kyk hmmm? ENJOY!!!
Nou ja, gister het ek en Sharon en Kalonkie tog lekker geblogachino….whêê! Eish ons het so baie strooi gepraat lat ekke helemal vergeet het om kiekies te neem…anyhow sou my kamera dalk gekraak het as ek voor die lens moes wees en nie agter dit nie….Hiehiehie! Dankie julle dit was fun – ons maak spoedig weer so!
Bravo 2 oor en uit!
Gedra julself vandag nè…al is dit sleg
Filed under: Daaglikse neuron senapse


Die Beeld opskrifte teen die pale Maandag het nie verniet gesê “Die Bulle Moet Kop Hou” nie – ons weet hulle gaan die Kop(pie) hou – hier in Bloubul land waar hy hoort.
Eish sê jy Tjint, dit kan jy weer sê – die mini bloggachino saam met 007en Kalonkie – julle wil nie weet nie – maar Cofi sal nooit weer dieselfde wees nie, die waitress het haar hande vol gehad en was naderhand so deurmekaar soos ‘n poep in ‘n windstorm, tot English Lessons ontvang en was seker baie bly om ons gatkante te sien – sy sal definitief ook nooit weer dieselfde wees nie en for that matter sal Hatfield nooit weer dieselfde wees nie nadat 007 daar deurgevaar het nie – maar dankie julle, dit was ‘n heerlike ontspanne kuiertjie – het van die stresse so bietjie vergeet in die tyd saam daar. Wie wil volgende keer saam gaan bloggachino? – ek waarsku julle net vroegtydig – dis nie vir sissies nie, en definitief nie vir die “faint hearted” nie – nie met 007meisie in die omtrek nie.
Whahaha Masharona ek kan dink dis nie vir die “faint hearted” nie!!!
Ek is bly julle het dit geniet!
007 lyk my ek het die maan mis geskiet! Ons het net 5 reëndruppels gehad!
Wat het toe gister gebeur? Het die publieke vergadering dan enigsins gehelp? Ek hoop nie hulle gee vals hoop weer vir ons nie!!
Soet wees