Na aanleiding van die kommentare op die post “Grrrr…Steve skryf mooi en diep”
Ek veroordeel nie my vriende/kennisse oor hul foute nie want dan sou ek geen vriende gehad het as ek net met perfekte mense bevriend was nie! Dus: Ek probeer mense se goeie eienskappe geniet. Daarom dan wil ek nie oor mense (maak nie saak of dit nou my oud skool kammies is en of dit business related vriende is) se privaat lewe gis nie, maar wanneer hul iets doen wat vir my mooi is dan sal ek so sê en dit geniet en wanneer hul werklik iets doen wat my grief sal ek ook so sê. Om paar voorbeelde te gebruik: Wragtie kyk, ek like vriend Sarel se kook gawe, eks mal oor vriendin Janiena se borrelende persoonlikheid, eks versot op Karin se manier om haarself solidly in die bollie te kry en dis gewoonlik agv ‘n blond en blou oog hunk en elke keer is dit dieselfde holrukkende storie van voor af, en eks mal oor Eliza se omgee hart, en Deirdre se sterk geloof in haar Maker, en Nico se manier om my die moer in te maak maar my te forseer met hom debateer en Ina en Idalise my kammies van die jaar toet af al wat saam my kak aanjaag! En weet jy ek like die bloubul song okay! En al hierdie vriende van my het ook hul sondes, heng een het glads ‘n ’steel siekte’ en ek het my hande vol om haar uit die tjoekie te hou!
My punt is dis nie die verkeerdhede wat my lojaliteit vir vriende maak of breek nie, dis trust en samesyn! My vriende weet ook van meeste van my sondes, maar ek dink as hul van als moet weet sal ek dalk heel moontlik myself so eensaam en sonner avontuur vind lat ek sal wil dooi op die kolletjie! Ek het al goed extremely buite my eie morele standaarde staan en doen jy sien…wonner wat sal my vriende sê as hul dit moet weet…heng en my family…dis why ek BLERRIE bly is lat ek nie in die publieke oog is nie want ek skaam myself dooi en sal nie weet wat om met myself aan te vang as die HELE wereld dit moet weet nie! Daarom is ek ‘n groot voorstaander van ander se privaatheid respekteer en om eerder vir iemand wat berou te vra: “So, wat doen jy nou verder met jou lewe?” en ongelukkig maak die mense om ons dit nie maklik om van jou foute te vergeet nie – tot jy self in daai situasie was! En ek het vriende wat se ouderdomme wissel van 12 tot 80! ALmal het hul plek in my lewe….
Heng wat ‘n bek vol? Maar verstaan jy dit? Verstaan enige iemand?
So wat ek wil sê is dat geen niemand my ‘n rat voor die oë draai nie soos Neil comment - die hele blik bone is dan soort van gespill so indien ek ‘n song hoor wat deur Steve gesing word en ek dink die woorde is flippen mooi en ek kan daarmee relate…dan so flippen what? Dis iets wat op ‘n spesifieke tyd vir my iets beteken! En as ek daai song van Robbie Williams en Nicole Kidman hoor van “Something Stupid” dans dit vir my mooi en ek geniet dit of ek tjank oor dit of wat ookal, ek dink nie dan heeltyd aan al Robby Williams se sekskapades en tattoos nie al grief dit my. Dis daai prinsiep van maak deel van jou lewe wat vir jou werk!
Ek kan netsowel sê: Wêreld wanneer maak jul die oge oop en sien Madiba vir die tronkvoël wat hy is? Maar nee, dit is presies ‘n voorbeeld van iemand wat uitsteig bo sy omstandighede en ‘n flippen moerse sukses gemaak het van sy 2de kans! Ons moet eerder uit ander se foute leer as om net heeltyd te wil oordeel en sodoende die blik van ons eie foute try wegswaai! Met elke bekende persoon kry mens maar sy/haar aanhangers en kritici…wat van Mbeki? Daar was die gene at van hom gehou het en die wat hom wou moor…Baie mense hou nie van Patricia Lewis nie, sommiges doen…Ek hou nie van die nuwe lughawe langs die R21 nie…maar het van die ou ene gehou…sien dis why ek ook nou maar net als laat begaan want ek weet mens poep teen Afrikanerweer..die pro-Steve en anti-Steve mense is nes die vokken WP en Blou bulle! Het niks goeds vir mekaar te sê nie en dit maak my boos! Waarom as ek met goeie attensies op my stoeltjie vir die rugby wedstryd gaan sit met my blou bul vlag, moet daar ‘n WP moeggoe wees wat sommer net so uit die bloute vir my kom kak hap…ons kon actually saam in bv ‘n hi-jack situasie of emergency something gewees het, dan is die naaste skielik jou vriend!
Enige iemand wat nou nog wil kak hap en kla oor celebs of enige flippen persone anders as hulself (jy moet eers vir jouself kan lag voor jy vir ander lag) kan vir my part iets beter kry om te doen of in die ry kom staan…
Ja dit bring mens dan noodgedwonge by die vraag: Wat is normaal? Wat klassifiseer jy in mense as normaal? Hoekom is daar so woord, as niemand of niks normaal is nie? Is normaal dat gedisteleerde water teen 100′C sal kook…nee want dis verskillend vir die hoogte wat jy bo seevlak is! Dus is boggerol normaal nie want daars altyd eksterne faktore wat dit op bollie! Eks nie normaal nie want ek rol snotbolle…
Ek voel sommer vol draadwerk vandag!
Ekt ‘n blogachino en tjoklate brownie nodig! Wat sê julle Kalonkie? Sharon? Ridder? Anyone out there? ET? Wie kom in Harties draai om my uit my ellende te verlos? Jul moet gou praat voor ekke versteen of verdamp… Mens kan nie tjoklate brownies alleen vreet nie! En my intelektuele piekniekmandjie is die miere besig om weg te dra! Grrrrr!!!
Bravo 2 oor en uit!
007 wens ieder en elk ‘n lekker lawwe dag toe al like jy my, of al like jy my niks maar lees tog heel getrou al my inskrywings om op anner plekke dit te gaan verorber, verslind en beledig – who know’s why but anyhow if it gives you satisfaction or maybe erections (men) orgasms (woman) then I’m glad!
Filed under: Daaglikse neuron senapse

Tjint, jy sal nooit “verdamp” met jou belustige tjoklate brownies (en malva poeding ) – (“die geheim”) waarvan ek weet nie. Maar en dink waaroor ek heeltemal “game” is voor en waarvoor ek sal ‘verdamp’ is ‘n ‘ bloggachino’ om soos kalonkie se mekaar diep en sinvol in die oe te kan kyk en oor dit wat in die werklike lewe aangaan positief te bepeins en te besin – (met geen onderduimse motiewe nie”). Ons (hier) is mos net mense, met positiewe en opregte motiewe met baie egte uiteenloopende idees, behoefdes en begeertes – sommiges wat hier “insluip” is nogals heeltemal Xrated en het verskuilde agendas- (hulle is eintlik ‘n “no-no”, en dit stroof nie eintlik (ek neem aan uit jou “brief”) met die karakter van jou blog nie – en moet hulle maar hulle eie heil op hulle eie terreine gaan uitwerk), waar hulle soos die riool van dit wat hulle braak saam met ‘n k@kplaas meng. Ek neem aan diegene is nog baie ver van volwassenheid af ????
You go girl! Ek is so moeg vir hierdie selfaangestelde moralis polisie. Ag flip, dis nie net sy morals wat vasgevat word nie. Dis sommer alles. Wat se^ hulle: Jealousy makes you nasty. Sy sukses vreet darem maar verskriklik aan party individue. Ek like ook die ou en basta.
Is seker nou maar vir ons om te aanvaar dat daar mense is wat nie van Steve hou nie. Wens net hulle wil ons wat wel van hom hou uitlos. Want ek is mal oor hom. As dit nie vir hom was nie, het Xanika nie bestaan nie. En as jy kan uithou tot Desember, sal ek sorg dat ek by jou uitkom!
Ek sê ook You GO girl. en ons weet wat ons weet. Dit gaan aan en aan en aan. Net gisteraand kon ek dit nie meer hou nie en het op Emil se blog besluit om die waarheid se sluier te lig. Platkuif se response was nogal tipies. Ons wat so lang paadjie saam met SSSB gestap het Weet dat Steve nie perfek is nie, MAAR jinne, wie is?
Ek het gister al in die ry gestaan en ‘n nommer gevat.
Ook sommer ‘n link op my blog gesit na jou steve post. En ook bietjie van jou geskrifte ontleed daar.
Ek voel op die oomblik saam met jou vol draadwerk!!!
007 die lewe het my nou ookal geleer dit help nie om met arrogante mense te stry nie! Hulle woord is wet en as jy nie inval nie word jy uitgeskel as dom en whatever
So agter-af soos “oogpisters”
Gewoonlik mense wat aan “kort mannetjie sindroom” ly – letterlik en figuurlik
Ek bly lojaal al het hy nou ook die Berg Ararat geskuif :rol:
Moet sê dis nogal ‘n lekker gevoel om dom te wees!
Dit rol alles van my af ……
Ja, tog. Wow, kan jy glo daar is actually mense daar buite wat die boomstomp in hulle eie oë mis en die klein, mikroskopiese gedeelte in ‘n ander mens se oog raaksien? Hallo, ons almal bly n ‘n glashuis, sal jy daarvan hou as daar na jou klippe gegooi word, hoekom doen jy dit dan aan die ander?
Jy mag maar 007meisie, dis nie almal wat die guts het om te sê dat hulle in die ry moet val vir hulle eie bom nommer nie… Dit wil gedoen wees, well done!
Dis interessant dat so baie mense, ander mense so vinnig oordeel en dan verby hulle eie foute kyk, sjoe dit moet ‘n sad dag wees wanneer jy nie meer jouself kan sien nie, soos dalk ‘jou Skepper jou sien’ nie. Dit maak my baie goed kwaad dat mense so onvolwasse kan wees! Wie is JY?! Kom by man, probeer dit dalk vir die mense rondom jou bietjie meer aangenaam maak!!
007meisie, dankie tog dat daar nie ‘n normaal is nie, wat sou gebeur het as jy 2.4 kinders moes hê? Of nie universiteit toe kon gaan nie, wat sou dan van die enviroment geword het? Sou ons dan nog in grotte gebly het? Dis nogal erg om dit te dink! Gelukkig was daar ouens soos Einstein, wat die lewe bietjie makliker vir die mense rondom hom wou maak, (Hy het geweet hy bly actually in ‘n glaskas, met baie klippe!)
Dit hang seker af wat jou eie uitkyk op die lewe is, hoe jy die krisisse in jou eie lewe hanteer. Natuurlik is daar mense onder ons wat nooit die volwassenheid bereik het om daardie krisisse te kan hanteer nie. Sjoe, dit moet ‘n sad dag wees om nie jou eie krisisse te kan hanteer nie…
I salute u, 007. Jy mag maar!!!
Wanneer en waar? Ek is mal oor brownies!!! Sê net en ek is daar!
Hallo sweetness. Deel jy nog nommers uit?