Waarom mans vrouens impress…

Mans probeer eeue lank al vrouens beindruk!

Jul kan maar sê net wat jul wil, maar dis wetenskaplik, biologies, fisies, chemies en nieteenseglik bewys…deur hoenners! Hehehe! Regtig nou! Nadat ‘n vriend vir my gesê het dat hy nie in romantiese liefde glo nie, maar net in liefde, kom die gesprek op ‘n punt waar ek toe maar ‘n poep inhou en ‘n kak idee kry…en ekke sê toe maar die volgende: Selfs leeus en luiperds is romanties net voor mating! Jul het mos al gesien hoe vlei hul so teen mekaar :lol: en my beste antwoord nog…since existance of hoenners het hane al vlerk gesleep…Bwhaahahaha!

My punt is, mans probeer al eeue vrouens impress net om te kan mate…kla ons? Wel I don’t think so :razz: SO toe moes die vriend ook ‘n hou in kry en seg toe heel met attitude vir my: Yes, we impress females for fucking, to spread seed and ensure survival! Eish nou ja toe is die wind uit my seile en ekke hou maar toe my bekkie verder…wat kan ek anyway nog sê? :?:

Wat sê jul?

Wie was by die SEXPO? Kyk dis nou een wierd gebeurtenis! Orals in Pretoria en Midrand borde gesien met advertensies! Maar kyk op die website is daar so gedeelte oor highlights met foto’s by, nou vertel jy my hoe de dinges dink die dude nou? Hy paint met sy penis en met sulke pienk handskoentjies! Sies al die kieme… ’n penis painting! Eish weird verby! Red tog net ‘n siel asb! :oops:

 

Eks lus om ‘n foreign language te leer…iets soos Spaans of Duits…of dalk Frans! Ja dalk Frans dan gaan vakansie ons bietjie in Frankryk en besigtig al die mooi katedrale en die riviera en die countryside…hmmm lekker klink romanties! En gaan sit en koffie drink by ‘n straatkafee en koop jong kunstenaars se cheap maar mooi skilderye…klink na idee vir my! Wie join? Wie gaan ons ‘n kits Frans, Duits en Spaans klas gee?

 

PompWat ‘n uiters weird boek is die nie? Eish werklik weet nie hoe het ek hierop afgekom nie maar ek het! En ek wonner oor die stelling in die ‘long description’ skakel: ” Die visueel-prikkelende inhoud bestaan uit uitnemende foto-joernalistieke elemente en ondersteun daardeur die gesaghebbende seksionele snit wat dit maak deur die verskillende genres van die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurlandskap ” Nou wonneer ekke maar net wat de dinges is seksionele snitte van kultuurlandskappe? En die boeke en DVD’s is flippen goedkoop op kalahari.net hè?! Jô! Ekt natuurlik gesoek vir enige DOn Johnson dvd’s en is toe heel verbaas oor hoe goedkoop sommige is! Leka leka ek sê jo!

 

Maandag word daar ‘n nuwe ding in my kantoor geinstalleer…ek nooi ieder en elk vir ‘n knertsie oor lunch time :-D

 

Bravo 2 oor en uit!

007 trotseer Pretoria Hatfield se strate Maandag en Dinsdag…

8 Responses

  1. More! Leeus raak gin romanties nie. Ek haat die bleddie goed. Hulle verkrag…but then again, dis seker maar die natuur. :evil: :roll: Op ‘n meer beskaafde noot, die son skyn in die Kaap vandag. Kan jy nou meer. Woohoo!

  2. Whahahaha :lol: daar gaan nie in julle kantoor gewerk word nie, maar die vibe in die kantoor gaan heel ontspanne wees!

    Deur hoenners seg jy? Die hane sleep vlerk en die henne kekkel! Jou filosofie is nie ver van die waarheid nie ;)

    Jy is vandag weer erg slim ;)

  3. dabbel-ooooouuuuuu!

    een-twee-drie-bloggachino myself!

    hoelykit? dink jy nie dis tyd dat die klomp van ons bietjie van aangesig tot aangesig strooi praat nie?

  4. Kalonkie – dis hoog tyd dat ons weer vir ‘n slag van aangesig tot aangesig sit en strooipraat – probleem is sekere mense is so flippen besig – voel al of ek “geignore” word. ;-) – waar dink jy sal die ideale venue wees vir ‘n een-twee-drie bloggachino myself? 8-)

  5. mans probeer vrouens impress? ya think! :-) Waarom? Wonder jy regtig? :-) die antwoord op daai vraag is universeel… Mys! Dis waarom, hulle wil mys hê…en enige man wat dit ontken is ‘n huigelaar! :-)

  6. Kalonkie – weet jy, ek sit hier en dink dit gaan heeltemal te lank neem om die bloggachino te reel – aangesien ek totally “geignore” word – ek nooi jou maar intussen uit en stick jou vir koffie en ‘n tjoklit brownie – laat weet in watter area jy is en watter datum, tyd jou sal pas – dan kan ons twee maar solank van aangesig tot aangesig sit en strooi praat. :-D

  7. Ek sien Dabbel-ou gooi haar dowe oor na ons kant toe. Ek woon in die goeie ou Pretoria, maar het ‘n kar en kan travel! Miskien moet ons ‘n plekkie kies waar ons ‘n vreeslike bohaai kan opskop – miskien hoor sy van die kabaal oor die polisie-radio en kan sy ons boeie vir ons kom aantrek – lyk my dis al hoe ons haar gesien gaan kry! Bring maar ‘n ekstra kontantjie vir daai borgtog . . .

  8. Hey hiers ek julle rakkers! Jul gaan vreet NIE tjoklate brownies sonner my nie hoor! Grrrr!

    As sommige mense net hul emails wil lees sal dit ook werk! Jul weet natuurlik lat Harties ook ‘n house of coffees het hoor! So kom sommer vandag! NOU!!! OP HIERDIE DAAD! Of anders gaan jul more moet kom want eks die oggend net eers vir besigheid in Pta. Of heng flip sê my net wanneer julle kom dan is ek daar! Eks al my vlerkies spesiamhaal saamry vir vinnige response tyd! :-D

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.