Kyk ek gaan die nou net een keer sê…die polisie diens van enige land is die belangrikste en behoort die grootste budget te kry, maar in Afrika kry dit die minste geld en die flippen storie oor die misdaad wat so erg is word nou al holrug gery!!! Daar word net meer en meer wette gemaak vir elke probleempie, maar as die oorspronklike wette ordentlik deur owerhede ‘inforce’ was dan sou dit nie nodig wees vir nog wette en wette nie! Die hele stelsel is in sy moer! Van waar die kitskonstabels kak met pienk strepies aanjaag, waar die howe nie genoeg mense het (en net tot 16h werk maar crime gebeur 24h) om al die verhoorafwagtendes in hul kannon te stuur nie, tot waar daar glo te min tronke is! Maar heng die sogenaamde rehabilitasie in tronke is up to shit wat rapists rape again ens… Okay fine ek is besig met lekker galbraak maar ek sit nie net en kla langs die braaivleisvuur nie! Ek doen ook my deel plaaslik mbt reservis dienste en heng dis een moerse avonttur! Dus moet daar ordentlike law inforcement wees en dan is die probleem op ‘n einde! Daar is reeds oorgenoeg wette, dit moet net toegepas word deur ORDENTLIK OPGELEIDE polisie lede!!! Die kitskonstabel storie werk nie vir my nie…
Dan benodig ons net die president se opdrag wat sê: Hier is jul budget, gaan maak die land se grensdraad reg, en deploy die lui teedrink weermag en sorg lat die grense hul doel dien! Los die gemeenskap polisiering vir die posisie lede! SAPS moet anyway die binneland veilig hou, die weermag is daar vir oorwegend die gevare van buite! En siedaar sien hoe word ons geweldsmisdaad skielik minder! Ai ek wens net die politiek was nie so boetie boetie nie, dan kon ons van al hierdie immigrante ontslae gewees het al 3 spytpoepe terug! Mens flippen deporteer elke naweek meer as 30 uit jou polisiering area, en 2 weke later vang jy daai selfde 30 weer! Voel of jy teen Zuma se gulp poep!
En as Solidariteit nou net kan ‘n vlugtelinge kamp verklaar kry daar in Limpopo somewhere lat die UN vir die klomp immigrante kan sorg, dan hoef ons nie plakkerskampe vol diewe en rowers te hê nie! Blerrie donners! Dink hul geld groei op mens se rug as hul elke flippen week hulself kom help aan ‘n bees of varkie! En dan vat hul nie die hele bees nie, sny net so stuk boudvleis uit! Dan mors hul nou nog met kos ook! Sweer ek stop geen immigrant weer in die tronk nie, sal hul almal verdomp eers ontboud en daar laat lê om dood te bloei! En dit geld vir ons wit bure ook wat my verdomde hoenners so lekker vaslê! Eks boos vemore! Pluk sommer hul hol hare uit soos hul my hoenders se vere uitpluk!
Raaito – vir Sigeuner dan so bietjie meer oor die volgende gedig.
Skippie klein
vaar in die see
trotse adel
seil in die wind
bakboord – stuurboord
droomskip
seerowers sluip nader
grote golwe
verwoestende winde
kanonne punt in die wind
wonder wat maak ons hier
elkeen se eie uitdagings
kompas op
sterre suid
winde weg
deur dit als
seerowers afgeweer
net sterker mens
beter hout
met skippie klein
oop see
het Hy my swaard gegee
en gees vas aan die wind
blaas Hy
van agter
en ek vaar voort
in my skippie klein
op water massa so groot
steeds besig met Skepping
asemrowend
* * *
Uhm wel ja, dis maar my filosofie oor die lewe! Almal van ons het ‘n bootjie op die oop see, moet die winde en aanvalle van buite trotseer! Dan gebruik mens maar daai wapenrusting van God, gedra jouself soos ‘n seerower en poep terug nè! Ek is nogal bang vir die see en sy groot golwe want flippet het jul al die krag van water gesien, maar ek is baie gefasineer deur groot bote soos ‘n catamarin seiljag! Hmmm sal nie omgee om eendag vir my so huisboot aan te skaf en sommer permanent op die water te bly nie! Dink net, geen telkom rekeninge, geen eskom rekeninge, geen erf belasting, die tv lisensie mense sal moet kan op water loop en SARS se mense glo ek nie word toegerus om water adresse op te spoor nie… Terug by die gedig, ek voel elke dag word die Skepping verder geskep! Dit was nooit net sommer klaar nie, ek weet daar staan dit was goed ens, maar die aarde verander en pas aan soos ons ou mense bly verniel! So ons word elkeen net sterker na ons deur ‘n survival stukkie in life gegaan het! Eksterne faktore wat jou beproef maar ook is daar altyd iets of iemand wat jou bystaan, en elkeen van ons veg trots tot die beste van jou vermoë! Soms gebeur dit dat jy kan ondervind hoe God jou uit ‘n situasie lig en dit voel om vas te wees aan die wind…Hy draai jou kompas weer reg en daar gat jy! Reg om nog ‘n seerower skip wat aanval af te weer of om dit te omseil! En deur dit als glo ek kom jy ‘n beter mens aan die anderkant uit want eks gewoond daaraan dat na ‘n donderstorm kom daar ook weer ‘n mooi kleurspektrum unieke reënboog uit…soms ‘n dubbel of trippel ene
Maar nou wonder mens waarmom voel die lewe dan soos ‘n strategy game wat iemand ontwerp het want waarom is al die soort goed nodig om te gebeur? Ander mense word geoffer vir ons om daardeur geraak te word? Wel daai is een vraag wat ek nog lank sal vra en niemand kan hulself die reg toe eien om dit te antwoord nie want wie weet werklik? Dus besef mens net, dis wat jou human maak…dis life. Dis amazing want as jy jouself distansieer en kyk nie die groot prentjie van die heelal, die prosesse op aarde en dan dink jy net, WOW. Dis een groot stuk software wat perfek werk, en dis groter as jy, dis so groot en perfek en dis mooi en jy is wraggies deel daarvan! Daar is ‘n groter mag daar buite, of hier binne of waar ookal, en elke geloof/kultuur sien dit anders of enterpriteer dit anders, maar die idee bly dieslefde! Amazing nè! So ek dink dit was die grondslag vir die gedig. Dink dit word mooi in die gedig beskryf!
Bravo 2 oor en uit!
007 hol vandag rond soos ‘n tarentaal met klitsgras in sy agterstewe donsies!
Filed under: Daaglikse neuron senapse



Goeie jel!!
007…Het na 12 kere moed opgegee om hieso in te log en kies toe ma `n anner naam.
`n Maand na ek hierdie gedig: (skippie klein) gelees het, het ek 007 gesms en gese dat ek en my HAT bietjie gewerk het om die gedig mooi uiteen te sit (al lees dit helemal gerieflik, dankie!) Digters moet mos juis skryf om die koning te vermaak en moet soms riddles gebruik om dit interressant te maak. Ek wou weet presies wat sy met elke woord bedoel, en het gese as ek nou klaar is met my idee wat dit meen, gaan ek haar ook vra…nogals vrugte afgewerp!
Sjoe! 007, Dankie! Dis gou gedoen. Ek is craxzy oor poems en hierdie ene is baie goed gedoen.
Jou opsomming is nou mooi uiteen gesit en ek verstaan nou meer wat jy se. Moet net se, die heel eerste keer toe ek deur hom was (daar was so 38 kere na dit!) het sommige goed ietsie anders vir my beteken en elke woord geklink asof dit op toepassing op myself is! Tssk! Ekke….blerrie poem-verslaafde!
Blerrie goeie lewens-uitkyk! Wens soms ek het jou werksdrif en lewenskrag. Die wysheid neem ek aan kom saam met grysheid, ja?
Nou wil ek ook net weet…? As jy ons nou eenkeer so berderf het, dink jy nie daar kan nog oppad wees nie?
Gees!
Sigeuner
007, ek gaan net gou Rennies kry. Dit was so hele bekvol, dit gaan ‘n tydjie vat om te verteer!
Hoop jy het al tot rus gekom?
Boendoe – try gaviscon ek hoor dit werk vinniger as Rennies
Tot rus kom? Hè ekke? You can sleep when you’re dead… Hehe!Sigeuner ANTIE
waar sien jy nogal die grys hare hè? Pasop vir jou! EK is bly as enige van my skribbels vir jou iets beteken! Die idee is lat mense moet dink… ek sê klim uit die boks en moenie net in die flappe van die boks vaskyk nie! Ek glo nie jy wil regtig weet wat agter my ander skribbels aangaan nie, dis effe met die maan getik
Sjoe Tjint – jy ly aan verbal diaree tesame met daardie lewenslus van jou – ek glo nie al die farmaseutiese maatskappy tesame sal ooit ‘n kalmeermiddel kan formuleer om jou te stuit nie – ek voel blerrie jammer vir die mense daar in KZN volgende week – ‘n orkaan gaan hulle tref
Sigeuner – ek het nou al die voorreg gehad om baie van hierdie Tjint van my se gedigte te lees – en ek lees hulle ook oor en oor en oor en oor – omdat ek nog sukkel om haar koppie (wat soms raas) heeltemal en baie mooi te verstaan – maar ek maak vordering – en soos jy lees ek myself gereeld raak in die gedigte. Daar is ‘n redelike “nuwe” gedig wat sy vir my baie onlangs gestuur het en ek wonder of ek haar kan uitlok om dit hier te plaas – dit is een van haar mooistes (na my mening) –
Tjint! hoe lyk dit? Wil jy nie “SEEMYL” hier plaas nie?
LOVSEL (Le op vloer soos ek lag!) Masharona…
@…haar koppie wat soms raas. Alle digters se koppe raas een of ander tyd in `n wedstryd!
Die uitlokking het gewerk! Ek sien Seemyl is op!
Ek mag ongelukkig niks gedigte in die volgende maand iewers plaas nie….my uitgewers gaan my looi! :shy:
Groentee!
Sigeuner