Eish ek kort IT hulp! Sal by een van daai AA meetings moet aansluit vir anger management want ek gaan hierdie USB vadafone stuk stront flenters gooi! Ek het actually al, maar toe wou dit nie breek nie! Maar sal wel kort voor lank ‘n 3G sein versterker kry en dan wil ek nou sien of die olifante sterk genoeg is om op MY sein te kom loop sit!
Iedergeval, elke keer as ek nuwe post wil tik dan loer ek so na die Don Johnson inskrywing en like die pictures so baie ek los dit sommer nog ‘n dag…hehe en dis nou wanneer ek wel op die internet kan kom met die simpel konneksie! Nou vandag het ek IT hul nodig! Dringend! Why kan ek my info@ecomapping emails op my foon aflaai maar nie op my outlook express op die PC nie?! Ekt het beide die foon en PC settings op dieselfde tyd presies dieselfde gestel mbt die pop. en smtp. settings ens. Maar wraggies nee, net op my foon sal die emails aflaai maar not the hell op die PC nie! Isit murphy wat my ‘n zap gooi of tree ek IT gestremd op hmmm? Ek kry op outlook express ‘n boodskappie wat so lyk:
Unable to logon to the server using Secure Password Authentication. Account: ‘info@ecomapping.co.za’, Server Response: ‘-ERR Invalid command.’, Port: 110, Secure(SSL): No, Server Error: 0×800CCC90, Error Number: 0×800CCC18
Maar hoe kan daar ‘n server error wees as ek dan op my N73 die flippen emails kan aflaai en op dit reply? Die verstaan ekke nie so lekker nie! Hoop daars een van jul slim boffins wat my kan bystaan want die storie smokkel met my koppie!
Dink more gaan ek stukkie spoeg wat lei:
ALLE MISDAAD opgelos met slegs 2 politieke besluite! Hoe klink daai! En enige party wat aan bewind is moet net daai woordjie spreek dan woeps, verdwyn alle misdaad – veral die geweldsmisdaad sommer so tra la la! Maar ongelukkig is daar ‘n MAAR! Sodra my internet weer op volle spoed loop en sy dieselengin weer lekker rook dampe gooi dan skribbel ekke daai!
Good, hoop my geduld hou tot more oggend! ASem in, asem uit, asem in, asem uit…
Bravo 2 oor en uit!
Filed under: Daaglikse neuron senapse

Whahaha oulike prentjie! Sterkte met die selfoon stories, ek kan ongelukkig nie help nie