Doen jouself die guns en gaan lees hierdie stuk oor die anatomie van pornografie (hehe dit rym)!http://oosthuysenattorneys.blogspot.com/2008/06/pornografie-is-dit-aanvaarbaar.html
Ek persoonlik voel ja, die onderwerp is debateerbaar, maar vir ons ou volkie wat so aangaan oor red die land en red die volk, ek vra wys my die volk wat gered moet word! En dan begin jy hier by hierdie morele waarde sisteem en dis hoe ons die volkie gaan red…Deur iewers te begin! Misdaad het ook ‘n begin maar dis in politiek waar mens dit gaan uitroei! EK gesels more oor die perfekte oplossing vir misdaad – en ja dit is polities ge-orienteerd!
Kyk hierdie is nou werklik so na aan die waarheid soos piepie en pis aan mekaar….
Dis hoe dit lyk as jy jou gat af skrik! Dink ek moet so avontuur gaan soek lat my gat kan kleiner kom!
Onthou net om baie toiletpapier ook saam te neem…en try om nie in die bol stront reg agter jou te trap nie!
‘n Lekker lawwe daggie vir ieder en elk!
Bravo 2 oor en uit!
Filed under: Daaglikse neuron senapse

LOL!!!
Terloops 007Girl – van die os op die esel. My skilpad vreet haar dik aan appels (Golden Delicious… sy’t ‘n issue met Granny Smith – sy weier om hom te eet – regtig!!) – en sy kry patat-skille en sy’s lief vir murgpampoentjies en MAL oor pere… ek maak ook altyd my slaai sonder sous, want wat oorbly kom in haar bak – dan eet sy die green peppers en die komkommer so tussen die slaaiblare en tamatie uit… en as ek wortel en patatskille meng bly al die wortelskille lê – she haat wortels. Sy moet haar kop skuins draai om te kan onderskei. Vraag: hoe de hel weet die ‘Ouvrou’ tussen haar mengelslaai wat is lekker??
As sy nie kos op die bord het nie, wei sy maar so op die grasperk op soek na suurtjies tussen die Kikuju.
Is daar enigiets anders wat ek by haar ‘dieet’ kan voeg? Ek het al gehoor van beenmeel… maar wat is dit en waar kry ek dit?
Beenmeel kan jy by die plaaslike ko-operasie kry! Dis letterlik beendere wat van die slagpale afkom wat gedroog is en fyngemaal word en in sak gegooi word vir jou as verbruiker! Ryk aan calcium en murg wat gedroog is. Skillie sal dalk nie baie daarvan eet nie, maar soos hul in die veld piekniek hou en op ou karkas afkom sal hul heel waarskynlik aan die ou bene probeer peusel…dommies want hul het nie hyena tande nie
Dis maklik om te onderskei wat sy gaan eet en wat nie! Wortels groei onder die grond en natuurlik sou skillie nie dit in haar gewone wandelings kon uitgrou om te chow nie! SO hul het natuurlike apetite vir organiese kossies wat bo die grond groei…dit gaan maar oor die sel samestelling van die plantmateriaal en gewoonlik doe groen plante met chlorofil wat lekker voedsaam is…wortels bestaan hoofsaaklik net uit groot turgor water selle…maar artappels groei ook onder die grond jy sê! Wel daar gaan dit weer oor die stysel inhoud en die skil selle lyk, ruik, proe heeltemal anders as wortel sin! Jyt ‘n cool skillie wat selfs kan neus optrek en kies tussen verskeie soorte appel! Hehe! Jy kan dalk vars lusern by sit vir afwisseling – maar net hand vol want heng lusern gee baie energie en maak lat die skape en beeste 2linge en 4linge kry! BAIE voedsaam die lusern!
BB, kry vir jou honde! Ek het eenkeer gesien my broer se skilpad eet die droe hondedrolle, en later toe hoor ek op 50/50 (dink ek) dat hulle dit eet vir ekstra kalsium! So vergeet die beenmeel, kry honne!
Kyk of skillie eierdoppe wil chow? Soms is dit bietjie hard vir hul maar let wel, jy doen al bg op eie risiko – netnou kry jou skillie kak idees agv die honde drolle of hoenerkop van die eiers…
Ek het ‘n woefie, maar die Ouvrou hou daar verby (sy’s ‘n lady – nie ‘n hierjy nie
– ek sal die eierdoppe probeer – Sondag na breakfast – sal sien wat sy maak – hahaha!! (ek smile nog steeds vir Blue se bolle…)
– maar ek spaar haar die waarheid – it might be too big a shock for her to know the truth
LOL!! k@k idees… ek weet nou nie of sy ENIGE idees in daai klein koppie ronddra nie, maar ek moet vir jou sê sy’s die awesomste ‘pet’ wat ek nog ooit gehad het – hondmak… as ons by die lapa sit kom skuur sy teen jou been, klim op die voete – laas somer tot oor die walletjie van die jacuzzi geklouter en amper in geneuk net oor haar mammie daar kuier… en sy is mal oor ‘n lekker krap op haar dop – sy skuif haar ‘binnegoed’ so rond binne-in haar dop as ek haar ruggie krap. As ek smiddags by die huis kom en nie vinnig genoeg kom groet of ‘n kossie gee loop sy al met die stoep langs en skuur-stamp teen die diefwerings met ‘n moerawiese lawaai – selfde op ‘n naweek as sy kan hoor ons is al op… as ek my koffietjie op die stoep drink, kom sit sy maar langs my en bak in die sonnetjie. (Ek dink nie sy weet sy’s eintlik ‘n skillie nie – ek dink sy dink sy’s ‘n kat of ‘n woefie
Hehehe arme drommel dis sy laaste oomblik op aarde daai…
Se net as ek jou moet kom skrikmaak….