Hmm jou nuuskierige agie! Jy sien net daai 2 woorde dan kom loer jy hierso! SIES!
Ieder geval, ek sit so en wonner! Iemand vra die naweek interesante vraag, wat maak jy met perferts wat hul jong dogtertjies as seks slawe verkoop (onlangse koerant opskrifte)? Jy slag sy eiers natuurlik lewendig uit wat anders? DIs siek en volgens my samelewings-morele waardes onvergeeflik!!!
Volgende vraag – die klomp pedofiele wat hier in die kuber ruimte rondsnuffel opsoek na ‘n stukkie afleiding…wat maak mens met hulle? Seker dieselfde as jy hul kan vang!
Jy sien, nou is die vraag, wanneer raak eroties dan porn? Health 24 sê nogal dis gesond om saam jou beterhelf na erotiese films/fotos te kyk om die seks lewe bietjie op te kikker…Eish! Nou waar trek jy die lyn? Sommige mense wil dalk meer sien voor die seks lewe opgekikker word maar ek is GEEN voorstaaner van porn nie – vind klaar net die idee walglik!!! en ag ek dink nie ek wil verder daarop ingaan nie, hoewel ek graag jul insette sou waardeer en dalk myself dooi lag…
Hier is dan my idee van eroties…dalk so bietjie gewaagd vir die ouer garde…Hiehiehie
En dan natuurlik my idee van gruwelooslik rowwe seks…Also Known As PORNOGRAFIE!
Nou ja dis dan wat ek vandag vir myself gaan try uitpluis…(what’s that guy saing huh?)
Is daar ‘n verskil tussen eroties en porn? O ja beslis!
Bravo 2 oor en uit!
007 het ‘n klomp skilpaaie om te red vandag!
Filed under: Daaglikse neuron senapse




whahahaha
Nooit een vervelige oomblik saam jou nie!
My skilpaaie porn ook alewig in my tuin – met die onaardse geluide denkbaar!! Issie ‘n mooi klank nie – en dit maak die bure senuweeagtig
Weet jy, ek het amper minder issues met porn en erotika as met half-kaal girls wat vir enige denkbare geleentheid en advertensie doeleinde in ons kele afgeforseer word. Porn en erotika is ‘n private choice – die misbruik van vroue vir enige denkbare vorm van verkope van dakteëls tot pc hardware en 4×4 tyres… is vir my die ultimate idioticy van veral vrouens… Ek weier om ‘n tydskrif te koop as ‘n vrou op die voorblad minder aanhet as wat ek mee in die openbaar sou gesien wou word. Ek wip my as daar halfkaal girls op Loftus moet rondspring voor ‘n wedstryd – om te WAT??? It’s these little things that get ‘ok’d by society that open doors for greater degradation of women – en ultimately weet niemand meer waar om die streep te trek. En finally kom dit hierop neer: dis vrouens en elke keer vrouens wat die hele vroulike geslag se waarde so waardeloos maak. Ek glo daar’s ‘n special kind of hell eendag vir vrouens wat ‘n aandeel gehad het aan elke vernederde, misbruikte en mishandelde vrou op aarde.
Oops – is ek skoon van die punt af – sorry 007Girl!!
Ek stem 100% saam met jou BB!
Jislaaik, jy sit rowwe goed op jou blog!!! Kyk nou net daai uitdrukkings van plesier…
Nee wat, ek stem saam met Health 24 en BB. Soos BB se, dis ‘n privaat aangeleentheid waaroor mens nie veronderstel is om te praat nie. Maar (dalk oor dit Maandag is dat ek so braaf is!) ek dink partykeer ons Afrikaner-vroutjies is bietjies te TE. Ek kry soms die idee hulle het kinders gekry net omdat dit hul plig is. HOE hul daai kinders gekry het, is vir sommige nog ‘n misterie!
Ek hou van eroties. Veral as dit saam met my geliefde is! There, put it in your pipe and smoke it!
Mmmm. Party reken erotiek is as jy n veertjie gebruik, en pornografie as jy die hele hoender inspan
Dan is daar weer die wat reken dat die enigste verskil tussen die twee die beligting is!
Wel die lyn tussen porn eroties is baie dun en baie elasties sou ek sê…. Jy kan dit rek waar dit jou pas. Ek glo dat daar binne die huwelik niks onbetaamlik kan wees nie. Maar dan is dit so dat ek nogal een helse broad mind het wat ek rondsleep.
Ek toets my aanstaande vrou so. Jy kom met een van daai verpleegster uniformpies wat jy skaam-skaam in die lingerie boutiques moet vra en kyk wat gebeur……
Yes BB thanks vir daai! Jy sien as ons nou kan ‘n lekker aksie loods waar die verbruikers hul voet neersit juis mbt daai onderwerp waar vrouens se lyf produkte moet verkoop dan sal die ekonomie bietjie wakker skrik en sien die verbruikers is nie so dom as wat hul ons uitmaak nie!
In Pta sien ek gereeld ‘n loodgieter company se advertensie bord van ‘n ‘very naked woman’ met oop toolbox langs haar en spanner in die hand…hmm wonder of sy die een gaan wees wat my gebarste waterpyp kom fix???
Hey bigbigjoe, daai wat jy vertel van die hoenner en die veertjie, is dit nie die VERSKIL tussen kinky en pervert nie hmm?
Geen probleem in SA met beligting nie agv beurtkrag dus is dit altyd porn? of isit nou kinky of eroties…? Of isit nou bang vir die donker? Hehehe!
Hoe lui daardie spreekwoord nou weer?
O Ja.
Hoe kaler jonker… hoe stouter in die donker!
My siening – 2 foto’s is porn, 3 is eroties oppad na porn. Sien dit is hoe slings daardie ou met die naam van nick is, hy skep twee woorde, een noem ons eroties die ander een porn en dan wonder ons waar die lyn is. Die realiteit is dat eroties al ‘n hele paar ouens na porn (en seker ook girl – ek hoor hierdie mark groei geweldig) gelei het. En wat kry ou nick toe reg, hy maak die huwelik oop en verdoesel die lyn tussen eroties en porn en siedaar, voor jy jou kry ‘n orgie in die huwelik. Dit alles gaan op die eiende van die dag oor lust. Wat eroties vir die een ou is, is porn vir die ander ou, vir vraag is waar begin lust.
Ek het op my blog en ook op wordpress ‘n paar inskrywings wat hieroor handel. Ek kan nie hier ‘n link in sit nie, maar gaan lees gerus daar oor onder andere Tieners en Pornografie en die gepaardgaande links.
Noem my maar konserwatief, maar ek is eerder konserwatief binne die wil van God as daarbuite.
Yes! Het jy enige idee Riaan hoe bly ek is dat jy kom inloer het en saam gesels! DIS DIE RIGTING wat ek wil hê die gesprek moet gaan! Nou het ek weer klomp vragies om te vra want al het ek ook my morele waardes ens is ek maar iemand wat altyd dinge probeer ontleed en dan saamleef met dit wat vir my werk!
1. Ek stem saam met jou oor eroties en porn en dink nie jy is konserwatief nie!!! Ek voel mens het nie regtig porn nodig nie…maar dan weer hoe gaan seksberaders mense help om hul sekslewe binne die huwelik interesant te maak en te geniet as daar nie ‘n eksterne verwysingsraamwerk is nie? Ek praat nie van porn videos nie, maar is ‘n brosjure met seks posisies en idees vir binne die huwelik nou ‘n handleiding, eroties of porn?
2. Ek wonder gereeld oor ‘die wil van God’ want jy sien, my mening is dat ons soort van gebreinspoel word deur kerke en leeraars oor wat HULLE dink die wil van God is! En hoeveel keer is die Bybel oorgeskryf? Hoeveel van die woorde wat verander is en ‘aangepas’ is, was werklik die wil van God?
3. Jy sit met jong ONGETROUDE mans wat in hul pubertyd is, hul het seksluste wat hul nie werklik weet wat om mee te doen nie. Nou wat nou? Kry vir jou ‘n girl en raak losbandig of as niemand gewillig is nie gaan na ‘n bordeel of as jy nie geld het nie verkrag? Nie my oplossing nie. Kry vir jou ‘n Hustler en help jouself in die privaatheid van jou huis…kan werk vir my want jy sien, vandag se jeug is ongelukkig nie almal so oop vir bid en die meer konserwatiewe manier van probleme oplos nie. Maar dit skep ‘n probleem van wil meer en meer sien en dan raak dit daai probleem van tieners en pornografie! Hmmm hier begin ek nou myself in ‘n hoek in redeneer
4. Oorwegend is my mening soos joune: Seks is in my geloof van die Christendom bedoel vir binne die huwelik, dis spesiaal en daar om geniet te word deur man en vrou binne die huwelik. Dit skep ‘n intieme bond en kan regtig wow magic wees en mens hoef nie konserwatief te wees binne die huwelik nie! Daars so baie wat jy kan geniet en dis steeds mooi.
5. Ongelukkig bestaan die beroep van ’sekswerker’ al so ver terug in die geskiedenis en gaan dit als oor die samelewing se morele waardes en metodes van opvoeding om die morele waardes oor te dra aan die jong mense en hul te motiveer om dit toe te pas…maar hoe kan jy van ‘n 40jarige man wat self bordele besoek en Hustler tydskrifte en porn movies verslind verwag om sy tieners die regte morele waardes te leer? Ek wens porn wil mense vuil en sleg laat voel sodat dit kan stop! Die viewers en die abusers want seks was eintlik iets mooi van God af wat heeltemal uit verband geruk word deur daai knaap in die streep-pakkie en wat dit in ‘n hele morele gemors laat ontaard het! Ek verwys ook na die baie sexual offences en offnders waarmee SAPS aan die einde van die dag sit!
Sal baie graag jul mening oor al bogenoemde wil hoor! Ons kan mos lekker bespreek sonder om die strydbyl op te tel…
hey, one man’s porn is another s erotica…
007, ek stem saam met een ding: mens hoef nie konserwatief te wees binne ‘n huwelik nie. “Lust” in ‘n huwelik = magic!
Neil…een man se walgwors is ‘n ander vrou se ontbyt
Dis in my opinie siek en onnatuurlik om te kyk hoe doen ander mense dit. As jy ‘n blou movie nodig het om jou huwelik ‘n bietjie meer spice te gee, het jou huwelik ‘lank’ probleme. Do it hanging from a lamp for all I care binne die huwelik, maar hou jou erotika of whattheheckyouwannacallit tussen julle twee. Ek stem met BB op die punt van poppies in skamele drag.
Ek hou van eroties, maar nie van porn nie.
En oor sekswerkers, dit antieke tye is dit die enigste werk gewees wat vroue kon doen, hulle mag nie gewerk het nie, nie eiendom besit het nie, niks. baie weduwees is oorgelaat daaraan en enkelvroue sonder familie.
Ek dink steeds deesdae doen baie vroue dit om te oorleef. En tog hulle word veroordeel en nie hull kliente nie?
Seksuele misdrywe is nou verwant aan mag, nie soseer seks nie.
Ek weet ek’s ‘n paar dae laat hier, maar kom ek gee my insette ook.
1. Girl-on-Girl aksie in foto een is nie noodwendig porn nie, maar dit is wel verkeerd.
2. Kaal girl met die geweer is porn!
3. Ou en girl in die stort is porn,
Die ander foto’s is nie noodwendig porn nie, maar sekerlik ook onnodig.
Ek’t eendag met ‘n ou regter gepraat en hy het iets gesê wat my nog altyd bygebly het: “Die mooiheid van die vrou lê in die misterie van die vrou!”
Hier is my kriteria vir pornografie. Pornografie kom van twee griekse woorde (nie noodwendig reg gespel nie):
- pornea wat gebruik word vir seks in ‘n negatiewe lig; en
- grafoo wat beteken om te skryf of om aan te teken.
Dus enige vorm van aantekening of vertoning van seks/seksualiteit op ‘n onvanpaste wyse is pornografie. Liefdes verhale met die detail beskrywing van seks is pornografie. Kaalfotos EN foto’s wat seks uitbeeld soos die stort ene is pornografie. Seks tonele in flieks (selfs al word geen nudity gewys nie) is pornografie. Lesbiese of gay foto’s, geskrifte, flieks, ens. is pornografie. Implisering van buite-egtelike seks in boeke of flieks is pornografie (verwys na die fliek beoordelingsriglyn wat gebruik word deur die Dove Foundation).
My slotsom is dat enige teks of beeld material van seks buite dit wat God bedoel het vir man en vrou binne die huwelik is pornografie.
(Ek’s nie seker of weblinks geblok word as spam comments nie so ek beskryf maar die Dove web link – wee wee wee punt dove punt org).
Op ‘n ligter noot, hier is my definisie van wellus:
“Ek wéét ek mag nie, mààr ek is wel lus”.
Jesus saved us from sin – not temptation….