Oraait ek sien by Boskind se kuber spasie ek het baie lewenslus…Hehe dankie!
Ek het ook besluit na ek die ‘reëls’ gelees het vir die blog toekennings dat ek nie gaan kyk na beste blogs ens nie, want ek lees graag baie blogs en ek weet ook nie wie het al almal by iemand ‘n toekenning gekry nie. So hier gat my lysie vandag…en oor paar weke sal dit seker weer anders lyk…
Harry Louw se blog is lyk my nog baie nuut maar heng, daar het ek myself gister verloor! http://harrylouw.wordpress.com/my-girl/ veral oor hierdie deel wat hy geskryf het! Jeepers ek relate hectic hiermee! Dis baie mooi en so ook al die ander skribbels uit daai pen!
Dellie se Dinge was naas SSSB actually die 1ste ‘ander’ blog wat ek besoek het. Ek het haar op SSSB raakgelees was dit in 2006 of 2007 ek dink…uhm kan nie te lank terug onthou nie! En toe was ek mos heel nuuskierig oor waarom sommige mense se name in blou was en ekt op als geclick en ag ja so gaan dit maar…
Thanx Dellie vir al jou hulpies ook! Die GROEN blog van die blog wêreld!
OP iemand se blog het ons oor boerbokke gechat lank terug?
Was dit Boendoe se blog? hoe om ookal, ek like daai plekkie in die kuber see ook! Julle moet saam my bietjie regtig kom boendoe bashing doen! Dis awesome!
Mag ek vir Stefaans ook ‘n toekenning gee? Steve se Spoegblok bestaan nou wel nie meer nie maar heng, daar het ons darm baie tyd spandeer, naels uitgepak, boeie rond geswaai, soplepels en emmers en kruiwaens vol tequila gesuip en hectic baie nuwe vriende gemaak! Ek mis daai piekniek plek!
BB se blog was ook een waar ek heel in die begin van blog dae eerste gaan loer het! Sy het vir my van haar mooi songs ook al aangestuur! So suster, wanneer kan ek jou CD koop en bring lat jy hom vir my sign hmmm? Kan nie wag vir die dag wat jy ‘n voorsanger op een van Stefaans se shows is nie!
Dan natuurlik was daar Kruidjie roer my nie wat ek ook by SSSB raak geblog het! Ek onthou nog daai een inskrywing van die swart kind wat so maer was en aasvoël op die agtergrond! Wanneer was dit nou weer gewees daai Roer? En ekt actually net gister ‘n REGTE EGTE Kruidjie roer my nie plant gesien…en nogal aan die funny sappies geproe wat die blommetjie maak! Wonner watse medisinale waardes dit het? O ja en was dit nie jy wat so cool avatar gehad het van die rekenaar mannetjie nie?
Dan is daar natuurlik Wipneus se Onder die maan en sterre! Dis ‘n ougat blog daai hoor! Eks mos effe met die maan gepla
en geniet veral die inspirasie sêgoette daar so al langs die kant af! En waarom tog kan ek nie daar inkom om vir die sterre te vertel om na hul toekenning te kom loer nie?
Hoor hier moet ek nou stop of kan ek nog aangaan met my toekennings? Daars nog hele klomp wat ek wil doen…sal dan maar next week weer! Dis lekker – weekly blog awards Hehehe
>>> HIer is dan ook die volgende essay. Ek kan nie meer onthou wanneer het ek die ene geskryf nie maar ek wonner werklik wat jul hiervan dink! MOenie so luwees om met daai neusgrou vinger op ‘comment’ te klik nie! Gedra jouself soos NIKE and Just do it!
Meesterplan vir bewaring
Bewaringsowerhede wereldwyd krap steeds kop oor die groot leemte in bewaring. Mense roei natuurlewe uit, maar grou eintlik hul eie graf. Waarom? Die algemene en oorgrote meerderheid publiek is oningelig. Veral onderontwikkelde lande, maar tog selfs ontwikkelde lande struwel om gebiede waar inheemse plant- en dierelewe voorkom te bewaar.
Huise skiet elke dag soos paddastoele op, om plek te maak hiervoor word natuurlike habitatte ontbos en inheemse natuurlewe word verdryf. Dit lei daartoe dat gebiede wat bewaar kon word elke dag krimp. Hierdie probleem ontstaan a.g.v mense se onkunde. Die mens is wel op die aarde geplaas om te heers oor alles, maar dit beteken nie roei uit en gebruik op nie. Dit beteken eintlik om oordeelkundig van die aarde te neem en te bewaar waar nodig.
Hoe los ons hierdie probleem op? Dit is eintlik baie maklik. Kinders is die toekoms. Kinders moet reeds van ‘n jong ouderdom af onderrig word in bewaring en ‘n gewoonte kweek van bewaring, nie uitroeiing nie. Die algemene publiek wat bewaringsgebiede besoek, maar wat ook die oorsaak is van die vernietiging moet meer ingelig wees oor die gevolge van hul dade, maar ook van die voordele indien bewaring plaasvind.
Dit is tog die volwassenes van vandag wat die volwassenes van die nabye toekoms moet opvoed en orienteer i.v.m bewaring van natuurlewe, aanplant van bome en tuine en ook die beskerming van dierelewe en hul habitatte. Maar die volwassenes van vandag gee nie om vir die toekoms nie want hulle gaan nie hier wees om die probleme te beleef nie. Hulle gaan wel deel van die probleem wees want daar sal nie plek wees om hulle almal te begrawe nie want hulle het oral huise gebou en die wereld laat oorbevolk.
Dit sal heerlik wees om wakker te word en voels buite in die tuin te hoor. Buite is bome en plante en ‘n vars skoon asemteug vul jou longe. Heerlik en kalmeerend. Dit alles kan slegs gebeur as almal vandag nog besef dat plante lewe is. Plante is die enigste lewende organisme wat vuil en skadelike stowwe nl. CO2, swaeldioksied en loodpentoksied verwerk en omsit in suurstof vir ons vernietigende, onverdienstelike en ondankbare skepsels om te lewe en net verder te vernietig. Dit moet erg wees om tot jou einde te kom deur te versmoor a.g.v ‘n suurstoftekort op aarde.
As elkeen van ons net een goeie daad voor ons dood kan verrig deur ten minste 2 bome voor jou dood te plant (verkieslik moet jy lank lewe en elke jaar 2 plant), lewe jy eendag dalk ‘n dag langer. NO trees, NO oxygen, NO YOU!
________________________________________________
www.dwaf.gov.za/events/arborweek/2008/default.asp
BOOMPLANTWEEEEEEEEEEK is ‘n eerste vir ons landjie want dit was altyd net boomplant DAG en eks baie bly dat hul soveel tyd aan die natuur afstaan…hehe ek meen mens stem nie eens ‘n week lank nie, dis mos gewoonlik net oor ‘n naweek! So 1 tot 7 September is BOOMPLANTWEEK!
Trek jou groen skoene aan en plant saam 2008 se bome van die jaar!
Harpephyllum caffrum (Wildepruim)
Diospyros whyteana (Swartbas)
Markhamia zanzibarica (Klokkiesboontjieboom)
Ek gaan vir my die naweek hierdie klokkiesboontjieboom soek en aanskaf! Wil graag sien soos watse klokkies dit lyk…
KOMAAN! Julle almal weet mos nou al wat my environment MOTTO is! No trees No oxygen NO YOU! Kry jou alie in rat, kom by ‘n lekker ruik kwekery uit, asem al die lekker skoon suurstof in en PLANT ‘N BOOM DIE NAWEEK SAAM JOU GESIN! Vertel asb jou kids ook waarom bome belangrik is! As hul nie van suurstog verstaan nie sorg dan lat hul biologie neem op skool! Plante is lewe! Water is lewe! Dis nie iets wat net sommer uit ‘n lab gemaak kan word nie! Dis Skeppingswonders! Iets wat deur ‘n groter awesome mag create is en dis ‘n stuk software wat geskryf is wat so perfek is en perfek werk en dis so GROOT … WOW!
ARBORETUM = ? google dit!
Bravo 2 oor en uit!
007 het ‘n environment om te gaan red en ‘n klokkie boom om te gaan soek!
Next week gesels ons bietjie kruie…helende magic…en dis verniet want dis deel van die Skeppingswonder – ‘n PLANT!
Filed under: Daaglikse neuron senapse


Ag dankie virrie toekenning, 007 ! Ja, dit was darem lekker tye daar in die begin op SSSB, né! Hie-hie, daai soplepels vol takiela…
Ek het al my toekennings vir Botter gegee!
Dankie vir die toekenning! Ja, die goeie ou dae. Toe ons nog kon verskil sonder om mekaar met die vuilste modder ooit te gooi. Toe kom die anti-’slak’beweging en vandaar af was alles downhill. Eintlik dink ek ons was almal daar omdat ons lekker gekuier het. Nie noodwendig oor Steve nie alhoewel ek hom ewig dankbaar was vir die platform. En ja, ek het darem maar ‘n ougat avater gehad en Dellie was op haar stukke! Lepel in die hand. Laat ek loop. Ek het ‘n knop in die keel.
Dink ek gaan my blog verander na die sappige soplepel secret mission dan beter jul elke more so bietjie vars sappies kom skep…
Of dalk moet ek ‘n bar open hier iewers op die linker kant dan gooi elkeen ‘n knertsie voor hul beginne lees!
Dankie girl! Ek waardeer! En dankie vir die big smiles allround waarookal jy gaan. ‘n Nice attitude maak oraloor die wêreld net daai biekies-biekies ‘n beter plek!! x
Baie dankie vir die toekenning 007! Ek is net bietjie op blog vakansie, ek gaan met die eerste reën terug wees. Ek het my blog se deurtjie vir jou oopgemaak.
Dellie se blog was ook die eerste een wat ek ontdek het na Steve sin. Sy is natuurlik ook die een wat my gehelp het met die blog stories.
Dit lyk my ons moet vir Dellie ‘n spesiale toekenning gee! 
SSSB was lekker tye! Ek het ook nou soos Roer ‘n knop in my keel, wag dat ek die Kleenex nader hark!!!
Maak oop daardie “bar” aan die linker kant, dat Wipneus ‘n knertsie kan kry!!
Ek plant elke dag, al is dit net ‘n steggie wat ek in ‘n ander plek indruk!! Ek belowe ek doen my deel vir environment , jy kan maar kom kyk
Wel! Ek het kom kyk en weereens verstom 007 my met haar liefde vir ons ou moedertjie aardbol. Dankie 007 ek weet sommer jy sal enige ou boom ‘n lekker stywe drukkie gee ongeag hoe lelik en hoe skurf die bas. Ek kan baie harregat raak as iemand my vra om ‘n boom af te saag omdat dit mors….Grrrrrrrrrrrrrr dit maak my so dik die donnertjie in….. Asof die mense nie op aarde mors nie. Ek is altyd bly dat daar ander mense soos jy, 007 meisie, is wat saam met my fight vir moerdertjie aarbol. Dankie vir jou toekenning, hartjie! Ek loop ommer bakarm rond van pure trots.
Daai Herpephyllum bom van jou bring nogal teer herhinneringe van toe ek nog by Statehouse in Windhoek tuinboukundige was. Het elke Donderdag saam met Sam Nujoma. ons president van daai dae deur sy tuin geloop. Hy het mos eendag 600 Harpehyllum bome bestel vir sy erf op Hentiesbaai teen die suin duin. Ons het hard gesukkel aan daai order, hehehehehehe. Hy het ook die naamplaatjie van die boom laat afhaal. Glo nie die spesie naam gelike nie ….. Elke keer s ek ‘n wilde pruim van daai boom afpluk en in my kies stop laat dink die suur/frank smaak my aan ou “Uncle Sam” waar hy deur sy leesbrille na die naambordtjie staar hehehehe.
Ek weet nou ook wat ARBORETUM beteken!
Lekker om jou weer raak te lees-doen so voort
Ek stem,. laat ons solank begin werk aan ons boomtuine.
Jou opskriffie van die arboretum het my gelok en ek sal weer kom inloer.
Heits! Ons het ‘n Arboretum uitbreiding! Dus weer ek al lankal wat dit beteken!
Dankie vir die blogtoekenning, 007! Ja, dit was ek en die boerbokke, jy onthou reg. En jy wou poskaarte gehad het? Ek het eenkeer in Angola se enigste Mall gestaan en dink of ek vir jou moet kry. Maar toe weet ek nie hoe om jou in die hande te kry nie! Maar nou weet ek, hoor!