Tra la la…die blou bul is hy nie ‘n bielie nie…
Jinne my stertjie waai darem vir jou … soos ‘n jetplain se radiator fan…ehh het ‘n jetplain ooit ‘n radiator? Ek wetie maar as hy een gehad het dan het hy nou so vinnig soos my stertjie gewikkel okay! Sjoe my nipples staan sommer regop van blygeit oor my ou spannetjie wat so mooi gespeel het
(mooi speel beteken vir my baie keer agter die doellyn kuier en doelskoppe wat tussen die pale deur is okay want ek worry nie op die stadium oor hanteringsfoute en appels-swaai nie ;-) en toe wen die bokkies ook nog…hmmm salig! Al die klippies en coke werd gewees hoor!
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2385135,00.html
My innige meegevoel vir hierdie gesin/familie. Dit wat hier gebeur het is baie tragies. Soos ek na die situasie kyk (my persoonlike menig en ek weet almal gaan nie soos ek hieroor voel nie) dink ek ons kan dit soos volg opsom:
1. Die polisie het actually respond en op die toneel aangekom terwyl die rowers nog in die huis was (Ongelukkig kon hul nie weet die motor wat besig is om weg te jag is NIE die rowers nie)
2. Die polisie het actually raak geskiet. Kyk eks nou nie lelik of moedswillig nie, en ek voel regtig vir hierdie mense wat nou krities is en om hul lewens veg, maar kom ons plaas nou die rowers in die voertuig wat wegjaag, indien die nuus nou sou lei dat SAPS rowers wat wegjaag wel vang en geskiet het dan sou almal sê mooi so en as hul net die rowers wat wegjaag eers waarsku en hul kom weg, dan gaan almal weer sê ons het ‘n klomp sotte vir polisie lede en hul moet meer daadwerklik optree.
3. Het jy enige idée hoe daai polisie lede moet voel omdat hul so hard probeer om in hierdie afvlerk land van ons teen misdaad te veg, en dan gebeur daar so iets waar jy jou magasyn leegmaak op onskuldige mense? Dis nie net traumaties vir die slagoffers nie, maar vir die polisie lede ook. Indien daar weer vir daai lid ‘n situasie is waar hy/sy moet skiet en dan huiwer – jammer maar ongelukkig gaan ons dan met ‘n polisielid minder sit en dit was dan dalk nog regtig ‘n toegewyde person wat ook net graag ‘n verskil wil maak en wat ook ‘n gesin/geliefdes het.
4. Die een dogter sê dat sy SAPS blameer vir haar ouers se ongeluk, goed en wel dit is nou ongelukkig so, maar ongelukkig mag jy NIE waarskuwing skote skiet nie. Waarheen moet daai waarskuwing skoot nogal gaan? In die bure se kamervenster in? Jy het nie beheer oor ‘n waarskuwing skoot nie! Jy weet nie waarteen dit reflekteer op die grond nie en jy weet nie waar dit gaan afkom as jy in die lug skiet nie. Die rondte verdamp nie net nie, dit moet iewers vasslaan. Indien daar dan nou weer iemand getref word deur die waarskuwing skote en dit was dalk regtig die rowers in die voertuig, dan gaan almal weer aangaan oor SAPS wat nie kan ordentlik mik nie en ander mense se lewens in gevaar stel. Die vuurwapen wet sê ook uitdruklik dat jy tronkstraf kan opgelê word indien jy waarskuwing skote skiet, dit sê vir ons polisie lede ook uitdruklik: Wanneer jou lewe of iemand anders se lewe in gevaar gestel word, dan tree jy op om die bedreiging te stop, en as dit beteken daar word op jou geskiet dan skiet jy terug om die bedreiging te stop! MAAR identifiseer EERS jou teiken! Ek was nie daar nie so ek weet nie hoe die polisielede die situasie sou opsom nie.
5. Ongelukkig gaan daar baie verdeeldheid wees oor hierdie insident want vir eens sien ons waar SAPS actually betyds is, maar ongelukkig is SAPS lede ook net mens – nie rambo’s wat als sommer net perfek doen nie hoewel dit die idiaal is. AS jy die situasie opsom kan mens dankie sê vir SAPS dat hul wel betyds was want die 2 kinders wat vasgebind was kon ook vermoor word na die rowers nou als het wat hul wil steel. Dus het die polisie dalk die kinders se lewens gered deur die situasie wat toe ontstaan het buite en die rowers toe op die vlug slaan. Waarom is die rowers nie gevang nie flippet! Dit sal ek graag vir daai ywerige polisie lede wil vra want hul het nie die tactical scene approach principles gevolg nie!
6. Ek sê weer, ek dra die 2 mense in my gebede op en bid vir hul spoedige herstel want hierdie was ‘n baie hartseer geval van misverstande en mense wat net probeer hul werk doen onder UITERS baie druk!
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2385749,00.html
Kyk hier is nou ‘n geval waar siviele persoon ‘n rower doodskiet en NIE aangekla word vir moord nie omdat hy die wet ken en dit tot sy voordeel toegepas het! Maar meer hieroor later die week!
Kiepie besluit nog of sy die vervolgverhaal wil plaas…
Woensdag gesels ons so bietjie oor die staat wat jou MOET vergoed vir jou vuurwapen!
Bravo 2 oor en uit!
007 gaan vandag op secret mission ‘SCOUT’
Filed under: Daaglikse neuron senapse
Yes! Yes! GO BULLE! My stertjie waai saam met joune!
Wat die ander storie aan betref, dis baie hartseer en ek dink ook dat dit ‘n tragiese verloop van omstandighede was. Ek bid ook vir hulle spoedige herstel.