Happy BDAY groot gees! Nr. 1 = Raai raai Nr.2 = Vuurwapen wet

Vandag 29 Aug is die herdenking van die geboortedag van ‘n groot gees! Nie soseer vir my die vermaaklikheids kant van die persoon nie maar die mens en die siel met die vlerkies, meer die invloed wat hy het om mens te help deur die survival game van life. Mens leer mos maar so uit almal se ondervindinge van die lewe en kyk, Stefaans het ‘n manier om met woorde te speel en dit so mooi op die oor te laat val! Vandag wil ekke net graag sê HAPPY BIFDAY Stefaans ;-) ek voel ge-eerd om in jou era te leef en ek dink min mense besef jou waarde al is die mens maar ‘n ou veilbare wese! Hoop om nog baie van jou diggies te lees en nog lank jou unieke mooi stem te hoor al dink ek jy raak bles en het bak ore okay ;-) ! Dus hier is my salute aan jou dude - die boertjie met sy tone in die grond van die mooiste land…ons Suid Afrika! My geboortegrond ook en daarvoor sal ek veg! en soos Dellie altyd sê: Ek sien nie ‘n bul in die omgewing nie so pak life by die horings en ry hom bloots! Heehaa! Seën en vrede vir jou en jou geliefdes! Hiers ‘n moerawiese stuk tjoklate koek vir jou bifday – mag dit op jou heupe gaan klou ;-)  

 

 

 

 

 

 

 

Nr1 –  Vandag plaas ek hierdie diggie en ekke daag ieder en elk uit om dit te ontleed! Klim in my kop en sê my waaroor gaan hierdie gedig! Komaan, moenie net buite die boks dink nie, ek sê klim sommer helemal uit die boks! ( Hou net jul klere aan asb  ;-)    En ek sal volgede week met ‘n vervolgverhaal begin (my eie kreatiewe senapse hoor)…sal dit so stukkie vir stukkie plaas en jul lekker lus maak vir die sappige dele van die storie :-D Maar eers die gedig!

Tussenwerpsel

  

glas vol sonstrale

asemhaling van ‘n siel

laksman

growwe diamante

 

die wêreld is arm

engele om ons

rustig sag

jakkaranda jy

volrond wyn luim

 

kyk – sien – weet

warm vuur

kaggel koggel

harp – fluit – viool – note

strelend teer

huiwerend

 

sintuie sag

laks latent

lans opgeës

omvou wrywing

omwenteling

blom onophoudelik

suiwer soet

 

warm pêrels

flikker skadu

tussen blompedale

vere val droomend

vrede smelt

snoesig sag

tydlose maan

geslypte diamante

 

 

* * *

 

Uhm ja nommer 2 – Na amper 5 jaar vra die mense steeds soveel vragies rondom die nuwe vuurwapen wet! Eish! Julle kan maar vra kiepie sal mooi antwoord hoor! Veral oor daaai stelling van as ek skelm skiet dan gaan ek in die tronk sit…NEE! Nie as jy die wet ken en tot JOU eie voordeel gebruik nie! Stel jul belang in daai stelling van my? Dis uit onkunde wat die mense sê dat hul maar liewer hul vuurwapens gaan ingee as om deur die proses te gaan van herlisensiering! Ag assebliefie toggie net nie dit nie…so gaan jy nou al jou brand blussers ook ingee omdat jy dink daar sal nie in jou huis ‘n brand uitbreek nie? Dis regtig eintlik baie eenvoudig en maklik! So sit terug, tik soveel vragies as wat jou die se hartjie begeer en ekke sal fit vir jul beantwoord! Even oor misdaad sakies…ek is nie ‘n prok nie maar ekke sal vir jou mooi kan help en sê waar die wet wat vereis en wat jy in jou saak kan doen. Veral waar polisie lede nalatig was of waar jy sukkel met diens in ‘n polisie stasie – onthou hul MAG JOU NIE diens weier nie want hul MOET jou bedien maak nie saak watse saak jy wil aanmeld nie! En as enige iemand voel ek praat bollie in my antwoorde dan sal ek dit staaf met bewyse uit die wette self! Siedaar jou 1 stop vuurwapen wet hulp en as ek kan dan sal ek ander advies ook gee want sien , ek sit nie en kla oor die situasie in die land nie, ek vlug ook nie, ek bly en veg want dis mos my flippen geboortegrond ook…ek hoor nog geen vragies nie ;-)

 [ A presious little girl walks into a pet shop and asks: 'Excuthe me, do you have any widdle whabbits?' The shopkeeper's heart melts, he gets down on his knees so that he's on her level, and says "Do you want a widdle white wabbit or a thoft fluffy bwhack wabbit or one like that widdle bwown wabbit over there?" The little girl blushes, went down on her heels, puts her hands on her knees, leans forward and whispers... " I don't weally fink my pyfon gives a phuk..." ] :lol:

Bravo 2 oor en uit!

007 red die environment maar lyk my die volkie het ook red nodig…

12 Responses

  1. Hallooooa 007 Tjint

    Al Vroeeeeeg vanoggend my Birthday Wishes vir Stefaans gestuur – via my “connection” . Maar hier gaan ek weer – Happy Happy Birthday Steve – mag die nuwe lewensjaar Vreugdevol, Suksesvol, Vreedsaam, Gesond en Liefdevol wees. Mag jou gees nog lank vir ons wat jou waardeer en vir jou omgee gespaar wees. As jy nog op Pennington is – my informante vertel my die weer is daar vandag spesiaal vir jou bestel – Geniet elke oomblik van hierdie dag – die Herdenking van jou Geboorte – saam met jou geliefdes.

    Tjint – vertel my asseblief wat weet jy van die storie dat indien ‘n persoon sy vuurwapen vrywilliglik inhandig die persoon dan finansieel vergoed moet word daarvoor? Wonder hoeveel mense weet dit??

    Wat die gedig aanbetref – jy weet my kop is op ander plekke – sal oor die naweek bietjie mooi lees en kommentaar lewer…

    Intussen – “live your dreams” – en hou die blerrie skelms in toom ………

  2. Jou gediggie gaan oor doudruppels op die rose! Ek sal weet eks tuinboukindige. wheeeeeeeeeeeee hehehehehehehe. Toemaar ek grap net. Die gediggie is baie mooi en beskrywend 007. Ek raai maar want ek het so baie diamant op al sewehinderd van my roos bome sien skien in die oggende vroeg waar ek gewerk het. Ek like jou blog!

  3. Kenfroet bottel heheheh jy praat nou soos my ma van die sandveld af…

  4. ;-) dankie HarryLouw en hartlik welkom…kom binne kom binne…
    Dis nie te sê as ek mooi foto van roosblare by gedig plaas dat dit daaroor gaan nie hoor… :-) Dit kan werk wat jy sê maar daars eintlik baie vergelykings in die gedig dus sien jy die natuurlike deel van die vergelyking maar nie die ding/gebeure wat daarmee vergelyk word nie…Maar dan weer ook my oupa sê altyd daai deel in die Bybel waar staan ‘die berge hardloop die see in’ is vir sommige mense letterlik en vir ander figuurlik waar die mense van die wêreld as die see vergelyk word (see van mense) ens…maar ek moet sê ek lief blomme veral rose wat lekker ruik en lelies wat mooi lyk! Of ‘n bossie bergblomme wat net sommer mooi is van die gemeng! KLim uit die boks en probeer weer…jy het nog 712 probeerslae hehehe! :-D

  5. Sharon daai ene weet min mense van dis waar! Onder die nuwe wet (Act 60 of 2000) se artikel 135 tot artikel 137 word compensation verduidelik. Artikel 135 en 136 voer redes aan waarom jy NIE compensation kan kry vanaf die staat nie en dis in gevalle waar jou wapen bv nie wettiglik gelisensieer was nie en waar jy jou wapen verloor het of wanneer dit gesteel is ens.

    Artikel 137 sê jy mag aansoek doen vir compensation wanneer jy jou firearm surrender to state en dan sal die registrateur besluit of jy compensation kry of nie, en jy mag apel aanteken as hul dit afkeer. Asook as jy nie tevrede is met die bedrag en manier waarop bedrag aan jou toegeken is deur registrateur nie mag jy ‘n hof nader om die bedrag te bepaal.

    Dis so kortliks verduidelik maar om meer in diepte info te kry sal ek die kenner nader en sê hy moet kom saam gesels ;-)

    Lekker naweek vir julle!

  6. Klink vir my of 007 meisie hier van ‘n glasie 4 Cousins Natural Sweet Rose praat hehehehehe. so lekker soet. smelt op die tong waar beter kan jy dit drink as voor die kaggel? Kyk ek is meer ‘n Merlot man en is baie lief vir Nederburg Baronne so het nie dadelik gesnap nie ehehehehe.

  7. ai ou Harry jy moet uit die boks klim en van buite af beloer! Die hele gedig is een groot vergelyking…
    My favourite wyn is Tall Horse se merlot! En Robbertson se natural sweet as mens dit so rukkie laat staan en asemhaal…

    Dink ek moet beloning aanbied vir die een wat regtig kan uitfigure wat ek op die brein gehad het toe ek die geskryf het! ‘n lewerslak het aan my neurons kom vasklou :lol:

    Maar dan weer is dit ‘n baie goeie gedig as verskeie mense elkeen ‘n ander betekenis daaraan kan heg!
    ;-)

  8. Het iemand toe al die jakaranda book puzzle uit figure?

    Lyk my jy sal difinitief vir ons die antwoord moet gee…… Mens kan nie bloed uit klip tap nie hehehehehe. Ding is eks vrek nuuskierig ;-)

  9. Book is boom

  10. Wel tegnies kan mens bloed uit ‘n klip tap…of water dan in die geval! Moses het dan! :-D

    Komaan HarryLouw!

    Strofe 1 – Handel actually oor my 1ste boek wat ek geskryf het oor al die elemente in daai 4 lyne.

    Strofe 2 – Jakkaranda Jy verwys eintlik na die song van Anneli v Rooyen en Engele Om Ons van Steve Hofmeyr! Maar die gedig handel nie noodwendig oor hierdie songs nie, dis net songs wat vir my mooi is en my in sekere mood plaas omdat dit sekere heriniringe oproep en ek ‘n betekenis heg aan daai songs!

    Die res kan ek mos nie sommer so hier uitlap nie! :lol:
    Dis net nie jou avarage poem nie! Dis juis so geskryf lat dit dubbelsinnige ontleding veroorsaak! Dink dan voel ek nou heel chuffed met myself dat ek so mooi in my doel geslaag het!

    Thanks a million vir jou deelname! Ek geniet dit actually! ;-)

  11. Dankie daarvoor. Een ding kan ek jou sê. Dis baie uniek en baie mooi. Dis hoekom ek weer en weer terugkom om dit te lees. Wou dit al copy maar dan voel dit vir my soos diefstal. Jy sal maar geduldig met my moet wees as ek so menigmale terugkom om weer te lees. Ek gaan eendag ook soiets probeer. Ek wil graag die woorde opbreek dat dit op die end een sin gaan wees met verskeie betekenisse. Jy het iets hier begin…..

  12. Jy is welkom meneer! en Dankie! Kan ek vir jou ‘n klippies en cola op eish hierso los vir elke inloer?
    ;-)

    Dink ek gaan giggel as jy dit uitgefigure het – die reaksie mag dalk wees van “oh my word wie sou dit nou kon dink!” ens ens. Bly as jy dit fasinerend vind en dit jou boei! Ek het net so lekker aan jou poems gelees hoor!

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.