Wel eks al week of wat terug…maar ek het terug gekom na ‘n PC wat vol kuber goggas was wat veroorsaak het dat ek 2 weke moes wag vir die data wat recover word en die nuwe sagteware en toe kry die IT dude glo nie ‘n driver vir my motherboard nie en ag allerhande klein goedjies waarmee stupid Murphy my probeer irriteer!
So nou werk die internet op die gewone PC steeds nie en ek het darm plan gemaak met die laptop…eish maar dis ‘n mission en ‘n half want raai, skielik werk die laptop se keybord ook nie! Jy druk ‘H’ dan kry jy ‘8′ en jy druk ‘S’ dan verskyn ‘K’ ensovoorts. SIen as ek nou sou tik ‘Goeie more’ dan lyk dit so: Gocyc qo7c
Anyhow!
My ouboet is ook tuis vir so paar weke – hy vlenter mos die hele wêreld vol met sy secret missions vir die Recce’s. Wie weet nog van die Recce’s? NIe rekkies soos in skiet iemand op die neus daarmee nie. Ek praat van die army se special forces Recce. En al is daar nie meer ‘oorlog’ waarby RSA betrokke is nie verstaan ekke nie hoe baie werk hul het nie…wonner waar vang hul nou weer bollie aan? Maar wat ek wou sê is dat ek dus ook so paar weke weer by die ouers kuier saam ouboet…voel of ek weer in die skool is lat ek en ouboet saam in die huis is…
En natuurlik lag ek eers my alie af en toe gril ek myself poer dis moer toe ek op sy woef Artos afkom in die badkamer! Eish! En klein Milo laat sak net sy kop in skaamte!
Nou toe, waavoor wag jul? Vertel my wat ek als gemis het! Wie maak vir wie dood, wie skop nog en wat is aan die gebeur in die kuber ruimte? Ek kry nie kans vir tv kyk nie, kry defnitief nie kans vir koerant lees nie en die tye wat ek in die kar probeer nuus luister speel hul net musiek! Dus weet ek op die stadium nie veel wat in die wêreld aangaan nie en my internet was mos buite werking so ek was ook nie eens by media24 se werfie nie! Kriesis ek raak weird! Maar ek moet sê, dis nogal heel ontspannend as jy nie bewus is van moord en doodslag nie…jy cruize so deur elke dag sonner enige worries…jul moet kom lat ekke vir jul leer hoe om dit te doen:
Nou ja laat ek weg wees…wil gou gaan kyk of die bicycle wat hier staan nog werk!
Bravo 2 oor en uit!
007 is besig om die environment te save so stadig maar seker!
Filed under: Daaglikse neuron senapse


Hi 007
Jy is so besig, dit maak my moeg om net van al jou manewales te lees.
Ons skop gelukkig nog almal!! Hier is ook nie dood en moordslag nie
Lekker naweek!
Hi Girl
Hoop jy het nou klaar hoenders rond gejaag
en dat daai IT dude jou kompertjie vinnig aan die gang kry
Sjoe, hoe laat jy mens nou ver terug verlang na kollege dae en ou boyfriends met jou verwysing na die recce’s.
Lekker kuier saam met Ouboet.