“So help me God” – wat beteken dit regtig?

Jul al gesien as daar ‘n nuwe president ingesweer word dan sit hy sy hand op die Bybel of konstitusie en sê heel plegtig: “So help me God” Wonner met watter God praat hulle? Dink nie dis my GOd wat vra dat hul kommunisme en plaasmoorde en bomplanters moet promofeer nie! En vir wat stem die mense steeds vir ‘n leier wat hul arm hou en die armes net armer maak? Vir al wat dit werd is dan is daai vir hul wat so toe oge hul hand op die Bybel sit ‘n god met kleinletter. Hul erken dan nie eers my God se waardes en leerstellinge nie! Eks heel knorrig vemore en het gister aan die ding gedink. Vir wat sit hul in elkgeval nog hul hand op die Bybel en vra God se seën as hul dan nie eers omgee of God nog kerke in die land het nie? Eks oop vir jul opinies maar wonner steeds…weet ons nog met watter krag ons hier te doen het? Daai ene van die Titanic wat glo nie kan sink nie…

 

Whê ek gaan tog die week lekker op ‘n secret mission bosveld toe! Waterberg hier kom ek! Dis vir game capture werk, maar dit voel tog altyd soos vakansie! :-) Heehaa! Het jul al die berge sien die see in hol? Nognie? Wel dans daar altyd ‘n eerste keer! Hehehe! Eks die naweek terug en dan wys ek al die kiekies! Sommige sal dalk wees waar ek in ‘n boom sit en wag vir ‘n krokkonosterfant om te skoert lat ek kan uitklim…en dan is daar paar anti-poaching operasies vir die zimmies wat so verwoesting saai!

So daar is my kwaak vir vandag! Jul hoor seker eers weer die weekend van my want ekke, kiepie die Harties kolletjie spook is daar doer tussen die bosse met geen selfoon sein en geen laptop en dis soms so dig van die bosse lat die renosters sal sukkel om my op te spoor! Wanneer kuier ons weer? Bloggachino? Wat van julle almal kom kyk 29Augustus na ons Dopperfees se Ryan Walt en Steven Sterling konsert in Andeon (Pta Wes) en dan moet jul sommer die Saterdag my kom ondersteun met bokdrolspoeg en sweepslaan by die basaar gedeelte! En kom potjiekos chow! Njam lekker! Kan nie wag nie!

Gedra julself hoor! Al is dit sleg…  ;-)

Bravo 2 oor en uit!

007 het mos nou regtig ‘n environment om te red!

3 Responses

  1. Lyk vir my jy het alweer te veel vrye tyd op hande. :wink:

    Dit het die hele som totaal van vandag se samelewing geword. GOD wat Skepper is van hemel en aarde is verlaag tot ‘n deel van menslike rituele. Die werklike GOD is vervang met die handves van mense regte in die grondwet. Vir GOD self is daar nie plek nie, Sy voorskrifte en wette word geignoreer en vervang met elke een se individuele reg tot bestaan al druis dit ook in teen aanvaarde norme en GOD se wet.

    Die ritueel van Staatshoofde insweer sluit inseremonies van alle gelowe en selfs toordokter en afgods dienaars. Alles wat vir GOD ‘n euwel is. So dus om met hul hand op die Bybel te se “soe help my God” het presies dit geword. Hy/Sy wat ingesweer word se god wat die betrokke persoon verkies om aan te hang op daai tydstip.

    GOD as Skepper is in elke geval nie in daai boek/Bybel nie, HY lewe en die Bybel is ‘n verwysings raamwerk as riglyn oor hoe om jou lewe die beste te lewe.

    In elke geval spreek ‘n enkele deel van ‘n ritueel nie wat jou lewe is nie maar wat jy elke dag doen en se en uitleef. Dis juis daar waar die meeste totaal ontmasker word en gestroop word van alle skyn en voorgee.

    Net so terloops, ‘n laaste nota, Die Bybel wat gebruik word tydens die inhuldiging van die Amerikaanse President, (uitgesluit die huidige George W. Bush), is dieselfde wat gebruik word tydens die Vrymesselaars rituele en byeenkomste.

    Daar my kommentaar in kort. Geniet die week en moet asseblief nie te veel skade aanrig nie. :evil:
    Laat mens dink ne.

  2. Dit klink of jy ‘n heerlike week het.

    Ek stem Knight, vir God self is daar nie meer plek nie. Geen wonder dit gaan soos dit gaan nie.

    Daar die vrymesselaars ding het my nou nuuskierig. Laat ek gaan google!!

    Geniet dit 007

  3. Jy noggie truggie 007?

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.