Stupid internet konneksie!

HIerdie flippen Jozi verkeer, vuil lug en donnerse vuil strate (oral in Pta ook) maak my so moerig! Goed Hartbeespoort is so effe buite die groot stad en is heel rustig (soms) maar heng, vandag nou weer my stert ordentlik in ‘n krul gepluk! En daar het ‘n makkatees in my gatkant vasgery in Randburg! Eks sommer knorrig! En omdat ek nou al van Woensdag oggend af sukkel om my e-duiwe in hul hokkie te kry en ek nie geblog kry nie! Ek het hectic dringend’n maand of wat langs die strand nodig, of so diep in die bosse lat die renosters my nie eens kan opspoor nie! :-D

Nee regtig nou! En vandag beplan ek die trip van Wonderboom lughawe na Maun, Botswana. Wat ekke hoor die vliegveld is in sy dinges so ekke moet paar maande wag! Eish, en toe kido (7jarige wat hier kuier – dis mos skoolvakansie nou moet 007 die hele family se kleingoed besig hou) uitvind ekke gaan vlieg en hy gaan nie saam nie, en ek gaan vir 2 maande nie hier wees nie, toe sien jy nou een eg Suid Afrikaanse vloermoer! Donnerdag se ouma se perd se toonnael! Jislaaik was dit nou ‘n gedoente! Maar na ‘n stappie deur die tuin, en later op die plot gaan nagapies soek het, toe is die knapie weer bietjie rustiger en my moeghart is in sy dinges! Nou voel ek skuldig omdat ek ‘n breuk nodig het! Geez life is unfair! Iets in die lyn:

Klein handjies

 

handjies fyn en sag

vuil gespeel met alli lag

soveel vragies

laat klink als weer so basies

natbeksoentjies

kinner geloof

wie is ek

blind en dowe gek

dis die kind

met lyfie klein

handjie in myne

soveel vertroue

hy weet net nie

met sy kinnerhartjie

verdryf hy al die koue

handjie in my palm

maak jou liefde talm

liggie in donkerte

vuurvliegie

met handjies so klein en sag

bêre klippie in jou sak

en ‘n veertjie in die wind

sy ogies vol vertroue

gee my hart uitklophoue

vir sy kinnerhartjie sal ek net hier bly

dis ‘n tikkie hy

more dalk, is als verby!

 

Nou ja sien, lat ‘n kido jou nou so om die pinkie kan draai hoor! Vandag wonner ek oor die Angola oorlog! Ek ken paar mense wat deel was daarvan, paar wat dit net gemis het en dan is daar ekke wat maar net daaroor kan lees. What do you know about that war? Daar is mos nou die nuwe reeks op Kyknet! Dit gaan baie interesant wees hoor!

Kul jou hier, kul jou daar! Ek sit nog en uitfigure watse gadgets mens als hier aan die kante kan hang aan die kapstokke! En Sondag middag sal ekke gou die spoke in die kuber ruim se tafel groter maak lat die spokies lekker kan spook! :-D Sal daar by Dellie gaan loer na haar elle lange lys en so bietjie gaan koekeloer weer op al die maters se blogs! Ekt lanklaas gaan swerf en op secret undercover missions na blogs gegaan! ;-) Saterdagaand 12 Julie is dit Stefaans se optrede in Brits. Sien ekke vir JOU daar? Koewie! Kom kuier saam hoor! Al is dit koud en ekke het so effe van ‘n parra in my keel…maar daarvoor sal ekke maar op die whiskey wees heel aand! Kry mens dalk ‘n whiskey drip hmmmm?

Bravo 2 oor en uit!

007 beginne spoedig ‘n donkiekar fabriek hoor! Die duur petrol se alie… ;-) Of dalk is dit weer tyd vir die ridder en perde era!

5 Responses

  1. Whahaha jy sit altyd die lag in my dag met jou inskrywings!! Jy het ‘n talent om met woorde te speel ;)

    Hierdie vuil strate in Pretoria en Johannesburg is genoeg om mens mal te maak!! Dit lyk darem regtig vreeslik agterlik! Ek was nou die dag in Pretoria en het gevoel of ek gelawe moes word. Dit lyk erg morsig! Pretoria erger as Johannesburg, maar hang natuurlik af waar jy ry. ;)

    Ek hou baie van “klein handjies” :razz:

    My Teddie was in die Angola oorlog, hy vertel altyd lekker stories! Daar was slegte dinge ook, maar ek wil dit nie hoor nie :mrgreen:

    Nou ja laat weet as jou donkiekar fabriek in produksie is…. ek suffer ;)

    Geniet jou trip!

  2. Lo 007meisie,

    Jong ek was al bekommerd oor jou, omdat jy so stil is.

    Ja tog wat sal ons se oor die vuil strate?

    Amazing hoe klein handjies groot harte kan sag maak :P

    Weet nie te veel van die Anglo oorlog nie……..

    Sal maar ook een van daai donkie karre moet bestel, jimmel ek’s te bang om petrol in te gooi, weet nie of ek sal kwalifiseer vir die lening nie :mrgreen:

    Tot later, more ne?

    Monna

  3. Tjint – sien jy begin nou koers kry – ek bedoel met die Botswana ekspedisie – wat sukkel jy so met ‘n vliegtuig Maun toe – gebruik die chopper – kan mos enige plek land – dan kan Dellie in ieder geval weer ‘n free joyride score soontoe en terug in die harnas ……… sy is mos mal daaroor om so onder aan die tou te hang (he-hee) so paar duisend meter bokant die aarde ………….

    Was 4 jaar getroud toe ek die Angola Oorlog ondervind het – Grootseun was maar net 12 maande oud – was baie onverwags toe die oproep instruksies per telegram afgelewer word – eers was dit net vir 3 maande maar het geeindig op 6 maande – vir die eerste 6 weke het ek en Pa nog teken nog tyding van mekaar af ontvang nie – ek het net altyd gehoop die Saterdagmiddag of was dit nou Sondagmiddag boodskappe op Springbok Radio (ek dink dit was nog Tannie Esmé wat uitgesaai het) kon gehoor word daar bo in Angola. Elke onverwagse klop aan die deur of as die telefoon gelui het later as die normale aanvaarbare ure het paniek veroorsaak – die vrees vir slegte tyding was altyd daar. Die eerste week terug by die huis was soms skreeu snaaks maar het my tog laat besef deur watter angs en afwagting in vrees vir aanvalle die manne daar bo in Angola moes leef – enige harde geluid b.v ‘n deur wat toeklap het veroorsaak dat Pa agter die naaste bank of bed of wat ookal ingeduik het – of – as ek net ‘n skielike beweging uit ‘n minder sigbare hoek gemaak het moes ek net koes of ek was in ‘n stywe borsbreker greep of onderstebo – (soms was die eind resultaat van hierdie onverwagse reaksie nogals heel aangenaam).

    Nou – wat betref die brandstof prys, donkiekarre en ridder en perde era – dink ek die ridder en perd voorstel sal nogals goed werk – “two for the price of one” – hoop ek – en dit sal “grand” lyk – Mmmmmmm en die ridder moet maar saam met my op die perd ry – as chauffeur – net ingeval die perd ‘n hings is en sy kop stal toe staan omdat die merrie nou slaggereed in oestrus is – vra my ek het al so episode beleef – die blerrie perd gooi my af reg voor die stadsaal van die dorp ten aanskoue van die mees aantreklikste prins van die hoërskool – op wie ek my versier juis vir maande al geplaas het ……… praat van “most embarassing moment” – wel dit was myne op daardie stadium.

    Geniet Stefaans se konsert Saterdagaand – hoop die koue wyk so bietjie – en om vadersnaam los die boeie, pepperspray en die mes by die huis.

    Tarra!

  4. Hoor hier dame, jy het huiswerk! Dit beteken jy moet ‘n possie skryf oor wat jy altyd wou wees toe jy klein was – en wat jy toe geword het. Wou jy altyd undercover wees? :mrgreen:

    Sharona! Lekker om jou raak te lees! Hehe, jy onthou sowaar my aanbod om onder daai melikopter te hang… :lol:

  5. Ek kan myself nou uiteindelik ‘n blogger noem en nie meer net ‘n commenter nie check my blog uit . http://christolouw.wordpress.com/
    Geluk Griffel jy is amptelik my eerste commenter.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.