Secret Mission Possible 1

Iets om te oorweeg: Jy kan slegs grense oortree as daar grense is. Wie bepaal die mens se grense? Tot watter mate word daardie aspek deur mense bepaal? Wie het die mag oor ander en hoe is dit bekom? Hmmm, dit kan nogal ‘n groot debat afgee nè?! Netnou kom klop die eliminate aan my deur….  ;-)

Vrae soos waarom is daar morele waardes? Wie bepaal die morele waardes? Is daar werklik deur God gesê moenie losbandig lewe nie of het die priesters van daai tyd geweet dis die een manier hoe hul beheer oor die mense kan hê, is deur hul seks te belet of dit te beheer en dus dit by die Bybel ingesluit. Sien, ekke, die avarage citizen aanvaar maar gedwee dit wat ekke in my Afr of Eng Bybel lees, want ek het nie toegang tot daai heel eerste boekrolle nie en ekke verstaan ook nie Hiebreus nie…dis mos die taal wat Jesus gepraat het reg?  Maar daai heel eerste vrae kan mens vir enige iets vra en toepas! Hoekom eet koeie groen lusern en piepie geel maar gee wit melk?

Dan sit ekke en wonner! Dis nou oor Mission Possible 1 – Die flippen petrolprys! Ek moes gister weer kies tussen die blou pakkie Lind tjoklate of ekstra liter petrol en toe besluit ekke F(*&^ dit, hierdie moet NOU end kry! En die ENIGSTE manier hoe die wêreld die boodskap gaan kry is so:

As ons die verbruikers van die land en ook sommer die hele wêreld so ver kan kry om vir ‘n vasgestelde week, daai hele week lank verlof te vat, of net van die werk af weg te bly, daai hele week tuis te spandeer met hul blikkieskos en opgaar water :-) en sodoende sal GEEN petrolstasie vir ‘n week lank enige kliente kry nie en ook sal die hele wêreld se ekonomie een moerse hou wegkry! Die grootkoppe WEET dat die verbruiker eintlik die magtigste is, maar hul weet ook die verbruiker is die bangste om kanse te vat! Waar kry SA regering orals brandstof vandaan? Hoeveel aandele het die regering in SASOL? Wat sal die effek op die ekonomie wees as daar vir een hele week GEEN brandstof gekoop word nie? Dit sal katastrofies wees ja, maar hul sê mos gee een tree terug om ‘n sprong vorentoe te kan maak! En GEEN mense werk toe gaan nie? O dinges, dit beteken die antie by SPAR se til gaan ook nie werk nie so ek sal my Lind tjoklate voorraad solank moet opbou! Wat sê julle? Sal ons solank ‘n datum vasmaak en begin propageer om ‘n hele week lank met donkiekarre te ry en met fietse tjoklate te gaan koop en GEEN uitlaatgasse die lug laat besoedel nie? Lekker! Skoon vars lug elke oggend inasem!

Bravo 2 oor en uit!

007 beginne solank die donkiekar weer aanmekaar timmer…

7 Responses

  1. Hello Daar
    Het jy nou weer heeltemal te veel tyd op hande? :grin:
    Die prys van brandstof is en bly ‘n baie groot faktor met betrekking tot die hele spektrum van die ekonomie. Moontlik ook die grootste enkele bydraer tot die verkillende gedeeltes wat ons lewens raak. Sou die branstof prys styg, word alle goedere en produksie pryse opwaarts aangepas. Dus word die inflasie opgejaag en siedaar Tito skrik hom wit en woerts daar gaan die rentekoers weer.

    Ru olie is die bekendste grondstof vir meeste vorme van brandstof. Suid-Afrika het ook Sasol begin om sintetiese brandstof uit steenkool te verwerk dus jou vraag oor Sasol is ‘n baie interessante een omdat destyds die prys van brandstof aangepas is om finansiering te genereer vir die oprig van die aanlegte in Sasolburg en Secunda. Dus behoort brandstof om daai rede alreeds goedkoper te gewees het na die aanlegte in produksie was.

    Die prys van brandstof in Suid-Afrika bevat egter ‘n baie groot gedeelte wat betaal word ten opsigte van belasting. Ook word die “bankrot” padongelukke fond se bestaan aangehelp deur die fondse uit die prys van brandstof.

    Die vulstasie einenaar kry maar ‘n baie klein persentasie van die koste van brandstof wat hulle verkoop.

    So wie word die rykste, die eienaar van die olie velde – die OPEC – lande en die Suid-Afrkaanse regering.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. :roll: :smile:

  2. Is waar WK die OPEC lande gaan vir goud of sal ek sê “olie”!! Deesdae wil ek eerder olie hê, hulle kan maar die 9kt ringetjie hou! :mrgreen:

    Whahaha 007 ek sal maar by jou moet kom donkiekar aanmekaar timmer, ek weet net nie hoe lank sal dit neem van Harties tot hier in Centurion nie. Ek sal in ‘n tentjie moet oornag en die volgende dag weer moet pad slaan. Maar vir Lindt tjoklits sal ek enige ding doen.

    Nee jinne die petrol prys begin my nou paniek aanvalle gee. Ek wil my elke keer doodskrik as die petrol joggie vir my die strokie gee om te teken…… As ek Kies en Betaal toe gaan, sluk ek sommer 3 kalmeer pille, net so vir die wis en die onwis….

    Nee ek stem donkie kar is my voorland…. sal jy bietjie rondkyk vir goeie hardwerkende donkies asb 007. Hulle kan hier in my tuin wei en sommer die gras ook kort hou. Dan hoef ek nie die grasmasjien te “start” nie ;)

    Lekker naweek verder! :razz:

  3. Hier op die platteland dink ek nie ons voel dit so erg nie. Ons hoef nie vir ‘n uur te ry voor ons by die werk is nie, en die winkels is ook nie so ver nie, dus is daar darem genoeg broodgeld teen die tyd dat ons daar aankom! En wat natuurlik vreeslik baie help, is die feit dat EK glad nie ‘n enjin hoef te start om by die werk te kom nie – net bietjie koffie, en ek is reg!

    Maar as ons wil gaan kuier, is dit darem mooi beplan. Die petrol daarheen en terug, kos amper meer as die uitstappie self! :shock: Dink ons moet maar kamele aanskaf vir daai joppie…

  4. Ek het ‘n scootertjie, wat lyk net soos die scooter wat spiderman mee rondrits in NY. Sy is pienk en haar naam is Babetta. As haar petrol opraak het sy 2 pedals om te trap.

    Ek het my man opdrag gegee om haar af te stof en te diens.

    En met haar gaan ek die petrolprys mooi omseil en my naam krater maak in ons klein dorpie, maar wat te hel, ek voel nou vere, al hierdie klomp oliebaronne kan gaan k@k vir my part. hehe :)

  5. Hi almal ek is bly ek kon uiteindelik ook hier in-log, het gesukkel , weet nie juis hoekom nie.

    007Meisie, nou het jy jou ie blog, mooi man !!

  6. Ek sal loop ook as ek moet maar 32km ‘n dag te loop verby die lokasie- ek sal na my eerste 10km die eerste dag verdwyn. Maar jy raak hier ‘n paar dinge aan wat my nogal laat dink.

    Baie goeie onderwerp.

  7. 007 girlie, jy is getag… kom kyk hier as jy nie weet waaroor nie… http://delliesedinge.wordpress.com/2008/07/10/wat-ek-wou-en-wat-ek-is/

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.