Kyk hoe waai my stertjie…!

Eks so opgewonde ek poep sommer kliphard! Maar ek vertel jul nog als! Hol rond vir ‘n vale gister middag en vandag en more!

Eerste dinge eerste! Kyk lat ekke nou vir julle ‘n ding vertel, soos in ‘n ding wat spring ja! Nee nie my ding wat spring nie, ekt nie sulke dinge nie :-) man voor ek nou weer meegevoer raak – wat ek wil sê is BAIE FLIPPEN DANKIE vir elke en iedere ene van julle wat die moeite gedoen het om jul vingers te laat klieketiekliek na hierdie pers spasie oppie omgewingsvriendelike-papierlose-boomsparende-kuberruimte! Sjoe daai woord moet ek laat patenteer! Ek bestel solank die piekniek mandjies vol knertsies en biltong en koeksusters en allerhande geheimpies en verrassings want hier gat ons nog blêr en kwaak en revolusionêr wees! Bestaan daar ooit so iets? Anyhow!

 

Ag ek sal wel nog aan die hele blog affêre se look and feel en onderwerp skakels en links na JULLE blogs werk, maar as ek dink aan daai flippen IT goette wat ek moet sit en uitfigure dan skyt ek sommer weer in my blog baba doek! En dis nie pampers nie so die skyt word nie absorb nie so ek gaan heeltyd ongemaklik wees as ek my stertjie wil waai…

 

Dink julle sal vir my daadwerklik moet bystaan met raat en daad en meeste van julle klomp het ook mos blogs ek onthou…en sien as ek so rondsnuffel so julle is klaar deur die skyt in die baba doeke…watse brand doek het vir julle gewerk hmmm? Hehehe! Ek benodig ook lat julle vir my help met onderwerpe wat hierso uitmekaar geblog en geintelek en gesnuif en geproe en gedebateer kan word! YOUR WISH IS MY COMMAND…

NOT!

Hehe! Lat ek net een wetter kry wat hierso in MY stukkie environment wil kom blogwarr hou dan sal hy/sy nou wragtie spyt wees! 007 gat vir jou fotosinteer, disekteer, infiltreer en saprofieties ontbind ou choppa! Jy sal wens jy was ‘n erdwurm as die chick met jou klaar is! Moenie worry  nie, eks oor die algemeen ‘n baie vredeliewende mens, deel graag drukkies uit en het baie diere. So hier gat die grootste klomp dom en dig mense soos ek of nie soos ek saam my die dom en dig vragies van die lewe infiltreer en saprofieties ontbind. Eks maar dom en dig, dit maak my dink en droom! Reg? En ek sweef netnou so bietjie in die kuber rond met my besem en besef…maar julle klomp het dan al klaar al die onderwerpe bepeins en bespiegel en hol geruk oor die omstandighede van onse landjie…of nie? Wat is daar dan nou oot vir my om oor te klets? Eish! Julle maak dit nie maklik nie! Hygent hert, ek het so baie idees en dinge wat hierso moet gebeur – lyk dit of ek tyd het daarvoor? Ek het sopas besluit hiers ‘n pos oop vir ‘n deputy…jy moet net al kan doen wat ek nie kan nie!

Graag sal ekke net van julle klomp wil hoor waar het jul die link na die spasietjie op die kuberruim gekry? Dan weet ek wie het geskinner… :-D Ja kyk, sssb was ‘n moerawies blog, en daar was net een sal net een bly! Maar wat maak mens nou as jy begrafnis hou maar niks het om te begrawe nie? Jy gaan kuier op Die Werf vir ouma omdat daar lekker boerbeskuit is en jy kom k*k 007 uit omdat sy met mans se logika en vrouens se kreatiwityd ? (hoe de dinges spel mens dit) al wat in die lewe gebeur helemal omdolwe en met mense se koppe smokkel! JIp – net so! MOenie komkommer – jy kan jou opinie lig so hoog jou armpies kan strek – maar ekt ‘n gun en ek gaan hom gebruik…hy skiet spinnekop eiers met kakkerlak k*k en ‘n dosis dinosauris drolle by! Eish dit maak my skoon bang dan weet ek nie hoe voel jy nie!

Dankie Sharon vir my heel 1ste kommentaar…daars tans 12 kommentare…wonner hoe dit volgende week gaan lyk…jammer daar beginne ekke weer wonner – maar dis lekker! Ridder het ook kom inloer en hy hou sy swaart se punt onner my alie want hy weet ek kan nie alleen gelos word nie anners het die lewe sy hande vol met my! En by sssb klets waai ekke meeste van julle mos nog vol wind as ek daar gaan inloer…en heng  die Nico – ekke wonner waar kom hy vandaan en watter ene van die ongeveer 12 Nico’s dit is wat ek ken! Ek ken net ene met daai surname…maar het nie geweet hy het ‘n siel van ‘n boer nie… ;-) en die kinners uit die bos en die mense met wipneuse en die mense wat klop maar nie hoor as ek sê kom binne nie en die oog wat vir my loer en Jenny wat 2 ‘n’ het en Neykie met ‘n ‘y’ en Annie wat steeds met ‘n gun rondloop…Dink julle moet vir julle se selwers weer so bietjie introduce en spog met hoe lank julle al blog en aan watter brand tjoklate julle verslaaf is en my jaloers maak met jul bankbalanse en wat van bietjie jul liggings weergee lat ekke kan bepaal of ek net bloubul mag praat en of ek mooi goed van die cheetah’s en sharks ook moet sê… O jel, hier kom ‘n paar neurons wat wag om hul aksis te ontbloot…toemaar as ek jou verloor het moenie te veel bepeins nie – dis ‘n biologie ding en ek mis my oud Biol onnie VREESLIK baie! Ek moet weer vir haar gaan kuier – maar eks bang die skool soek net weer geld as hul my sien…hehe!

Nou ja, ek kry 18h00 lekker pizza en vanaand is movie aand…wonner watter DVD’s sal goed afgaan saam spare rib pizza? Lekker snoesig onder my bersie! Hmmm en ek wil net noem – hierso sal gladnie oor love-life gepraaat word nie hoor Sharon!!! Ek watch vir jou! Dis classified soos classified classified is okay - altans nie openlik nie! Ekt die slaapkamer se sleutel verloor – so die deur staan permanent toe! Okay! Maar eks ‘n goeie seks terapeut of huweliksberader of wats daai ander goed? Therapist! Het jul al gesien as jy daai woord in 2 deel wat spel dit? The-rapist! Hahaha! Geen wonder die land is oorbevolk nie…maar daai is onderwerp vir ander dag! Miskien lekker SOndagmiddag stukkie aanmekaarslaan!

 

Luister julle moet ‘n bevonkte naweek geniet! Ek weet nie of daar rugby of whatever aangaan nie – ek weet nie wat in die nuus aangaan nie en ek weet nie wat in die sepies aangaan nie! Eks al volgende week opvang! Die week was hectic verby! Ekt gou tydjie afgeknyp want ek moes net eenvoudig milo in my lyf kry NJAMMIES! So nou is my milo kous, en ek dink ek raak nou oud want eks skoon koud van al die getik! Next time sit ons ‘n gediggie in en beloer dit so bietjie van alle kante…

 

Groetnis met brannewyn lafenis…

Bravo 2 oor en uit!

007 wonner oor al die opsies om mens se flippen blog te create…dis buite my kleur van earwax!En as dinge nog uit perporsie is en na ‘n Picasso lyk dan is dit heel moontik okay – want ek sukkel om die prentjies te kry waar ek dit soek! Ek sal nog by als uitkom!

7 Responses

  1. Tjint, mens sal sweer ek is die sondebok wat die “love-life” issues aanbetref – nee my mond is gezip, wat geclassify is, is geclassify – top secret – dis almal se eie geheime daardie – soos jy weet van voorheen daar op SSSB het ek dikwels gal gebraak – dis persoonlike, private and confidential matters daardie. Ook maar bly Ridder is hier om sy swaard se punt onder jou allie te hou – anders sal ek weer bail moet betaal en die kastaiings uit die vuur uit moet krap (hie-hie). Dit lyk of hierdie gebloggery vir jou omgekrapte maag gaan gee – van al die black forest, milo, pizza, malvapoeding met room en koffie – sal die kasterolie byderhand hou …… stadig oor die klippe hierdie naweek -

  2. He he ek het jou gebabbel gemis! Mens het ontrekkingsimptome gehad… jy weet soos die lus vir ‘n Lindt sjokelade bolletjie!!

    Dis maklik om al die blogs hier op te tel, en sommer van daar af te lees ook
    http://af.wordpress.com

    Lekker naweek hou!

  3. Ahoi 007Meisie

    Tjoklits, enviroment en dit alles saam klink na een hengse konkoksie wat nie sommer vir enige een geskik sal wees nie. :grin: :lol:
    Jy is heeltemal reg as jy se ek hou jou dop, swaard se punt en mikroskoop alles ingesluit om seker te maak jy gedra vir jou……verkieslik ordentlik. :evil:
    Nou ja toe red die enviroment en behou die ekologiese balans en laat ons hoor wat maak jou hartjie tjoklits klop van opgewondenheid. :wink:
    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. :roll: :smile:

  4. Baie geluk met jou blog!!!! Ek sal definitief gereeld kom inloer

  5. Hehehe! En ten to one ‘ban’ jy my sodra jy uitvind hoe!

    Welkom… en geluk met jou eie blog!!!

  6. Howzit 007!

    Ag, jy sal vinnig uitfigure hoe alles werk. WordPress het ‘n oulike FAQ deeltjie op die dashboard by help, en daar kan jy al die dingetjies gaan leer wat nodig is. Jy kan ook by ons kom loer na die oulike widgets soos die kolletjies map en vlaggies en al daai oulike goedjies wat vir ons wys waarvandaan die mense kuier. Op daardie bladsye is gewoonlik ‘n code wat jy in ‘n text widget paste, vir die map om te verskyn. Stuur ‘n e-mail as jy sukkel, ek sal help as ek kan! :wink:

    Ek dink ek het jou op die WordPress dashboard gewaar, of by die Werf? En ek was sommer bly om jou hier te ontdek.

    Jy kan maar die stories wat al gecover is weer doen, iets uit ‘n ander oogpunt verander soms mens se hele persepsie daaroor. Kortom, as jy iets te sê het, doen so!

    Lekker week vir jou, gryp hom aan die horings en ry hom bloots, né? :lol:

  7. Hallo jou wille wragtig :)

    Ek’s baie bly ek het gesien jy het ook nou jou eie blog, nou gaan ons klomp mos weer kan lag vir al jou mannewales en goeters.

    Ek hoop jy geniet dit en ek sien uit om oor al jou ondervindinge hierso te kom lees.

    Groete hier vanuit Hawkes Bay, NZ.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.