PROF COETZEE SE ANTWOORD OOR WAAROM DIE AFRIKANER BO UITKOM!

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat: ‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.

Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie. ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie. ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie.

Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal. En elke ding wat ons het, het ons verwerf. As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is.

Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in. En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan. Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie …

_______________________________________

Nou hierdie salute ekkke!

Groot gryse-pic

O diervogeltjie :-) lees tog net hier en wees ingelig my magtag!

Sangers sing, is nie draers van morele fakkellig nie

2009-08-25 deur Anna-Retha Bouwer in Beeld briewe.

 

Die onlangse debat – as ’n mens dit so kan noem – in Beeld se briewekolom laat my nou ook na my pen gryp, want die hemel weet, as dit nie my pen is nie, gaan dit drank wees.

Die onderwerp van bespreking het begin met ’n ene André van Centurion wat op 13 Augustus eintlik heel onskuldig gevra het of Kurt Darren werklik die land se beste sanger is. Hy het Darren se sangstem en sy lirieke gekritiseer.

Annemi du Plessis van Prieska was in Beeld van 17 Augustus gou om op die bus spring: “Nee, miskien is Kurt nie ons beste sangstem nie, maar hy’s ver beter as baie sangers wat deesdae CD’s maak.” Sy sê dit gaan vir haar oor meer en prys hom omdat hy “sy pad mooi loop”. Sy noem hom ’n rolmodel oor sy nederigheid en “keuses in die lewe”.

Elize Wiehman van Bloedrivier skryf op dieselfde dag: “As Kurt dan so sleg sing, hoekom verkoop hy soveel CD’s? Hy sing nie net goed nie, hy het ook ’n baie mooi persoonlikheid en boonop ’n baie mooi verloofde”.

Kurt en andere van Gezina, Pretoria skryf: “Steve het ook so begin. Wonder wanneer gaan Kurt se geraamtekas oopgemaak word?”

En vinnig kan ek sien waarheen hierdie debat gaan. Binnekort gaan Darren se morele gedrag teen dié van ander kunstenaars opgeweeg word en as hy leliewit en kraakvars bevind word, daarvoor geloof word. En André se oorspronklike vraag, naamlik of hy die land se beste sangstem is, sal verdoof in ’n koor van morele uitsprake.

Toe Michael Jackson se dood verlede maand op Beeld se webtuiste aangekondig is, was daar binne ’n paar uur ’n soortgelyke scenario. Daar is lekker gekry oor hoe swaar Jackson in die hiernamaals vir sy dade op aarde sal kry en mense het hom met Hitler vergelyk. Hy is veral gekasty oor die beweerde kindermolestering – en die feit dat ’n hof hom daarvoor onskuldig bevind het, het klaarblyklik nie saak gemaak nie.

Nog minder het dit ’n verskil gemaak dat hy rekords met sy CD-verkope laat spat het, elke konsert in ’n absolute skouspel omtower het en kon beweeg het soos min ander.

Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners ’n onvermoë het om ’n sanger se talent en sukses van sy persoonlike lewe te skei.

Daar is buitendien ’n onversadigbare honger om in ieder geval álles oor bekendes se persoonlike lewe te weet. Die bestaan van die skinderjoernalis Yolanda Barnard se onlangse boek, Die ponies galop, wat van die begin tot einde een lang skindersessie oor bekendes se persoonlike lewe is, is ’n sprekende voorbeeld daarvan. En elke keer dat nóg ’n vrou erken sy het al ’n ronde onder die lakens van Steve Hofmeyr deurgemaak, is dit voorbladnuus op ’n Sondag. En ’n hele land snak geskok na hul asem op pad terug van die kerk.

My vraag is: Wat maak dit saak? Het bekendes ooit voorgegee om draers van ’n morele of godsdienstige fakkellig te wees? Het hul saam met hul platekontrak ‘n memo geteken wat sê: Ek sal nie ook doen wat die res van die wereld reeds vanaf die bybel se tyd doen nie…?

Die Amerikaanse aktrise Angelina Jolie is in die Daily Telegraph van 24 Desember 2007 aangehaal waar sy sê dat daar vir haar nie ’n God hoef te wees om in te glo nie. Ek sidder om te dink hoe sy daarvoor gekasty sou word as sy Suid-Afrikaans was, al haar wyd gepubliseerde humanitêre dade ten spyt.

’n Mens hoef nie lank te soek na nog voorbeelde van internasionale sterre wat dalk ’n donker kolletjie op hul Sondagskoolverslae sou hê nie. Kris Kristofferson, wie se musiek einste Steve Hofmeyr op sy jongste CD sing, was byvoorbeeld drie keer getroud, het agt kinders en sy liefde vir ’n sopie is algemeen bekend.

Vir Suid-Afrikaanse musiek om te gedy, moet daar meer mense soos André van Centurion wees – mense wat krities na musiek luister en vrae vra ten opsigte van talent en stemgehalte en lirieke en koud staan teenoor die skoonheid van kunstenaars se verloofdes of hul keuses in die lewe.

 action girl_edited-1

My opinie:

Want sien, wanneer is iemand gladnie ‘n rolmodel nie, of net so bietjie nie perfek nie, of totaal en al perfek? Onderskei ons nou weer hier tussen groot en klein sonde of hoe mooi die media dit kan ontbloot? Is JY die luisteraar en een wat oordeel dalk perfek? En moenie vir my sê lat elkeen van julle wat hier lees virgins is of gladnie seks voor jou huwelik gehad het nie…en onthou…elkeen se maatstaf vir waardes in die samelewing verskil…ek dink ons moet bietjie gesels oor die kerke se manier van brainwash dmv seks ‘opvoeding’…want hul het geweet seks is die enigste manier om die mense te beheer…

Perfectimo

Perfectimo!

 

What a pity to see it go to waste,

how sad to see it gone…

 

Each time I discover a new faset of your being,

your perfectness leaves me in total awe!

Alpha male, greatest lover ever known to man kind…

 

Such proudness, affection, sensitivity, consideration, emotion –

You were supposed to conquer the world!

 

Perhaps love, perhaps love will do just that for you in the near future,

but for now, what a pity to see your perfectness wasted on lonelynes!

 

I’m overwhelmed by your extrodonary being…I long to have you as my king!

Perhaps one day, I will have the honour to experience the full perfectess of you!

 

 * * *

 

© Copyright

Giggel graag jou gai af!

chicken

Economic TAN!

Economic TAN!

Ellephant Hump.....

Ellephant Hump.....

Karate Kallie MOOOOvie!

karate kallie

FACEBOOK PAGE: http://www.facebook.com/pages/Karate-Kallie/140096279675?ref=search

YOUTUBE TRAILER: http://www.youtube.com/watch?v=Ueh2j6udows

TWITTER: http://twitter.com/KarateKallie

Luister ou gabbas…as jul van Vetkoekpaleis gehou het, en van Gautengaleng, en man jong sommer net daai regte RSA humor van shuster…dan moet julle vir Karate Kallie beleef! Dit lat my terugdink aan my broer op skool…en aan die nuwe jong konstabel Mienie by ons stasie wat eerder ‘n movie oor dowe honde wil kyk as rowwe skop skiet en donnerpoep!

 

Vertel al jou vrinne en vaar saam my die bioskoop binne oor paar weke! Hierdie gaan die flippen movie van die jaar wees! In AFRIKAANS! Aag okay dan…die rede waarom ek so baie van die movie hou is omdat Wimpie wat saam my in die Laerskool en Hoërskool was dit gemaak het, en natuurlik het hy dit gemaak by ons alma mater – H/S Tuine in Pretoria! JAY dis ougat verby om in die trailer daai straat voor die skool so te sien waar ek 5 jaar lank verbygeloop het…eish!  Cool man cool!

 

Komaan…het jy al die youtube link na al jou buddies gesend? vertel vertel lat ons die Afrikaanse mark kan raak!

___________________________

SYNOPSIS:

Karate Kallie: with Wynand van Vollenstee, Mike Smuts, Leani Lerm and Petrus Harmse

Supporting actors include; Marga van Rooy, Ben Kruger, Henrietta Gryffenberg, Richard van der Westhuizen, Mariette van Huyssteen, Soon Pretorius, Carmilla Mosavel and Solomon Cupido.

Full Synopsis:

The traditional tale about the new kid on the block. Karate Kallie is the story about a chubby 17 year old school boy, Kallie. From the get go in the new town, Kallie realizes that he, and most certainly his family, don’t really fit in all that well.

Without a father figure around, and Kallie’s low self-esteem, it is inevitable that trouble will arise in his new school. At least Kallie quickly establishes a friendship bond with a colored boy, ‘Errol’. Unfortunately this bond is not powerful enough to stop Kallie from being bullied by a fairly smaller, arrogant scholar, Frits. To make matters worse, Kallie falls in love with Frits’s sister Annetjie, but will never have a taste of sweet love if he can’t defend himself against Frits.

Luckily for Kallie, his tow-truck driving older brother, Mike, whom is hooked on Kung-Fu movies, comes to the rescue. Mike is a bit of a racist, but the unthinkable happens and he also falls in love. With Kallie’s new friend’s sister, ‘Cherryl’! It might merely be the fact that she drives a pimped up car, shooting flames out the exhaust and you name it, but it might also be the age old saying that true love has no boundaries. This is also then truer in Kallie’s case, stating that he will stop at nothing to get to Annetjie.

This is where the make or break period starts, as Mike decides to give Kallie a few pointers in the art of Karate. Kallie’s mother on the other hand, keeps a firm eye on the two of them and wants to take Kallie to professional Karate lessons from the master, Soon Pretorius. This sets off to become a hilarious adventure for Kallie in the quest of getting to know himself somewhat better and to win the girl. In the meantime, Mike, is constantly on the run from the police for being a “creative” tow-trucker, rigging his own accident scenes. A great team effort evolves between Mike and Kallie.

With the upcoming talent show at school, Kallie realizes that this might be the opportunity he has been waiting for. Luckily the competition isn’t really that strong. Kallie knows there is only way he will woo Annetjie… This also leads to a final showdown between Kallie and Frits…

A true Afrikaans Comedy in the making.

________________

Bravo 2 oor en uit!

007 is skoon bewend van opgewondenheid…geit…hiert – kan nie wag nie!!!